Hierdie artikel handel oor die dorp in Mpumalanga. Vir ander gebruike, sien Malalane (dubbelsinnig).
Malalane is 'n klein dorp in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die vorige naam Malelane is in 2007 amptelik verander na Malalane; afgelei van Swazi eMlalani vir "palmplek" of lala vir "slaap". Die N4-nasionale pad gaan deur die dorp. Malalane lê aan die suide-oewer van die Krokodilrivier wat die Krugerwildtuin se suidelike grens vorm, en is ongeveer 40 km noord van Eswatini geleë.
Geskiedenis duimnael|links|'n Grafsteen vir kaptein GJ Elphick te Malalane begraafplaas. Kaptein G.J. (Mkonto) Elphick was een van die vroegste pioniers van die area. Na sy deelname aan die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) koop hy die ou Malelaneplaas, waar hy suksesvol katoen, lemoene, papajas, mango's en tamaties produseer. Elphic vestig ook die eerste winkel in die Malelane-omgewing.Bakkes, Marius: Corridor Gazette, 14 Januarie 2016 Die dorp is in Julie 1949 op die plaas Malelane geproklameer. Die naam is 'n vervorming van die Swazi-uitdrukking emlalani (die plek van die lalapalms).
Distrik Daar word suikerriet, subtropiese vrugte en wintergroente in die distrik verbou. Daar is 'n toegangshek na die Krugerwildtuin naby die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga