duimnael|Hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat met standbeeld van pres. M.T. Steyn voor die ingang

Universiteit van die Vrystaat (UV) is 'n universiteit wat in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë is. Studente verwys na hulself as "kovsies".

Die Universiteit se kampus word soms as 'n akademiese dorp beskryf, omrede alle lesingsale, laboratoria, kantore, koshuise, sport- en studentefasiliteite, en 'n opleidingshospitaal binne loopafstand in 'n veilige kampus geleë is. Die kampus is op sy beurt naby Bloemfontein se stadskern geleë.

Die universiteit is in 2010 deur Webometrics as die 9de beste universiteit in Suid-Afrika, en as die 2095ste beste ter wêreld aangewys.

Die Johannes Stegman Kunsgalery is op die kampus geleë.

Geskiedenis duimnael|Oprah Winfrey het die Universiteit op 24 Junie 2011 besoek Die universiteit het oor die jare verskeie name gehad: 1904 Grey-kollege, aanvaar vir die eerste keer matrikulante vir 'n B.A.-kursus in 1904. 1906 Grey-universiteitskollege, in 1906 van die Grey-kollege afgeskei. 1940's Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat. 1950 Universiteit van die Oranje-Vrystaat. 2001 Universiteit van die Vrystaat.

Fakulteite Die instansie bied studierigtings in die volgende akademiese afdelings aan:

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Geesteswetenskappe Gesondheidswetenskappe Natuur- en Landbouwetenskappe Opvoedkunde Regsgeleerdheid Teologie

Omstredenheid

Die Reitz-vier In 2007 het vier studente (RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler) swart werkers van die universiteit "verneder" deur hulle aan 'n ontgroeningseremonie by die Reitz-koshuis te laat deelneem. 'n Video is van die gebeure geskiet en is later oor die internet versprei. Die video het opslae in Suid-Afrika en internasionaal gemaak. Hulle is later op 'n klag van crimen injuria skuldig bevind en is elk 'n boete van R20 000 opgelê.R20 000 boete vir die Reitz-vier , Nuus24, besoek op 9 Januarie 2011.

Nadat appèl aangeteken is, is hulle vonnisse drasties verminder. Die regter het erken dat die landdros by die eerste vonnisoplegging wesentlike mistastings rakende die aard en die erns van die misdaad gemaak het.Reitz-4 se vonnisse drasties verminder, Nuus24, 24 Junie 2011.

Verwydering van 'God' uit leuse Die senaat en universiteitsraad het laat 2010/begin 2011 besluit om die universiteit se leuse In Deo Sapientiae Lux (In God is die lig van wysheid) na In Veritate Sapientiae Lux (In waarheid is die lig van wysheid) te verander. Die verwydering van die woord 'God' is sterk gekritiseer.'God' uit Kovsies se leuse gehaal , Nuus24, besoek op 9 Januarie 2011.

Verbonde As hoogleraar Dirk du Toit (1943–2009), politikus

As student Charles Robberts Swart (1894–1982), politikus Bram Fischer (1908–1975), advokaat en burgerregteaktivis Pieter Willem Botha (1916–2006), politikus Willem Ouweneel (1944), bioloog, filosoof en teoloog Antjie Krog (1952), digter en skrywer Pedro Crous (1963), mikoloog en fitopatoloog Hansie Cronjé (1969–2002), krieketspeler

Eredoktoraat Hendrik Pieter Nicolaas Muller (1859–1941), koopman, wêreldreisiger, etnograaf, publisis, diplomaat en filantroop Karel Schoeman (1939–), skrywer Oprah Winfrey (1954–), geselsprogram aanbieder

Noemenswaardige alumni Enkele van die noemenswaardige alumni wat die instansie opgelewer het:

Leon Schuster, komediant, akteur en vervaardiger. Roelf Meyer, Suid-Afrikaanse politikus. Martinus de Beer, skrywer. Jaap Steyn, Afrikaanse skrywer. Pieter Willem Botha, Staatspresident van Suid-Afrika. Deon Meyer, Afrikaanse skrywer.

Sportlui Rugby De Wet Ras Gysie Pienaar Johan Wessels CJ van der Linde Juan Smith Heinrich Brüssow Meyer Bosman Theuns Stofberg Coenie Oosthuizen Andries Strauss Robert Ebersohn Sias Ebersohn Pieter van Zyl Ashley Johnson

Sien ook Lys van universiteite in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Universiteit van die Vrystaat se amptelike webtuiste

Kategorie:Geboue en strukture in Bloemfontein