Die Opregte waaierpalm (Hyphaene petersiana), plaaslik bekend as die Makalanipalm, is 'n palmboom inheems aan die subtropiese, laagliggende streke van Suidsentraal-Afrika. Die boom se FSA-nommer is 24.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding en habitat Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Limpopo en Mpumalanga voor. Die plant word in oop bosveld, vloedvlaktes, rivieroewers en aan die rande van panne en moerasse aangetref.
Groeiwyse en voortplanting Soos by ander Hyphaene-soorte, is hulle tweehuisig en die vroulike plante produseer mildelik vrugte. Tot 2 000 vrugte kan aan 'n boom gevind word, die gekombineerde opbrengs van sowat vier seisoene. Die sade ontkiem moeisaam, maar vind brak kondisies voordelig. Hulle ontwikkel massiewe penwortels, wat souterige water diep ondergronds benut. Alhoewel langsame groeiers, kan hulle maksimumhoogtes van 18 m bereik. Tipiese volwasse plante is in die orde van 5-7 m hoog.
Benutting Die plante word benut deur mense en diere. 'n Herhaalde gekap aan die groeipunt vir die aftap van sap vir bereiding van palmwyn, kan uiteindelik tot die boom se dood lei. Die stam se kernwit is eetbaar en die jong vrugte bevat beperkte hoeveelhede vloeistof, wat met klappermelk vergelykbaar is. Palmwindswaels en Rooistertpalmlysters is in sekere gebiede van hierdie spesie afhanklik vir hul broeidoeleindes.
Soortgelyke spesies Die spesie is soortgelyk aan Hyphaene coriacea, wat na die suidweste verspreid is. Dit is egter onderskeibaar aan die vrugvorm; rond eerder as peervormig, asook die stamvorm, wat dikwels 'n swelling onder die blarekroon vorm. B. aethiopum het 'n vergelykbare stamvorm.
Sinonieme Die spesie het 23 sinonieme:
Chamaeriphes benguelensis (Welw. ex H.Wendl.) Kuntze Chamaeriphes ventricosa (J.Kirk) Kuntze Hyphaene aurantiaca Dammer Hyphaene benguelensis Welw. ex H.Wendl. Hyphaene benguelensis var. plagiocarpa (Dammer) Furtado Hyphaene benguelensis var. ventricosa (J.Kirk) Furtado Hyphaene bussei Dammer Hyphaene goetzei Dammer Hyphaene multiformis subsp. plagiosperma Dammer ex Becc. Hyphaene obovata Furtado Hyphaene ovata Furtado Hyphaene plagiocarpa Dammer Hyphaene ventricosa J.Kirk Hyphaene ventricosa subsp. ambolandensis Becc. Hyphaene ventricosa subsp. anisopleura Becc. Hyphaene ventricosa subsp. aurantiaca (Dammer) Becc. Hyphaene ventricosa subsp. benguelensis (Welw. ex H.Wendl.) Becc. Hyphaene ventricosa subsp. bussei (Dammer) Becc. Hyphaene ventricosa subsp. goetzei (Dammer) Becc. Hyphaene ventricosa subsp. plagiocarpa (Dammer) Becc. Hyphaene ventricosa subsp. russisiensis Becc. Hyphaene ventricosa subsp. useguhensis Becc.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Hyphaene Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Palms