duimnael|Die ora
Die ora is die amptelike geldeenheid van Orania. Die waarde van 1 ora is gelykstaande aan R1 (een Suid-Afrikaanse Rand). Naas die ora word die rand ook algemeen op Orania gebruik. Die geldeenheid word nie buite Orania erken nie, en word ook nie deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersteun nie.
Die ora is in April 2004 amptelik op Orania in gebruik geneem. Dit is gebaseer op die idee van inkopiekoepons, soos dié wat oor die algemeen deur groot inkopiesentrums dwarsoor Suid-Afrika uitgereik word (normaalweg in die vorm van geskenkbewyse). Orania se plaaslike bank, die Orania Spaar- en Kredietkoöperatief, is in beheer van die geldeenheid. Hulle hoofdoel is om plaaslike ekonomiese groei te stimuleer.
Ora-note word in denominasies van 10, 20, 50, 100, 200 en 500 ora gedruk. Die 10-ora-noot beeld Afrikanergeskiedenis uit, die 20-ora-noot Afrikanerkuns, die 50-ora-noot Afrikanerkultuur en die 100-ora-noot Orania self.
Ora note het 'n verval datum waarna die koepon ongeldig en waardeloos is. Dit kan by OSK omgeruil word vir nuwer geldige Ora note of Rande (waarvoor 'n 1.5% heffing bygevoeg word).
Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Geldeenhede van Afrika Kategorie:Orania Kategorie:Geldeenhede sonder ISO 4217 kode