Die gifboom (Euphorbia virosa) is 'n plant van die Naboomfamilie Euphorbiaceae. Dit het 'n kort hoofstam, gewoonlik verdraaid, waarvan 5–10 cm-dik takke uitspruit. Hierdie blaarlose takke is 5- tot 8-hoekig. Gepaarde dorings (aangepasde blare) groei reëlmatig gespasiëerd op die hoekribbe.
Euphorbia virosa is algemeen verspreid vanaf die Oranjerivier in Suid-Afrika tot in suid-Angola, en is grootliks tot die ariede dele van Namibië beperk. Die plant bevat in die stamme 'n melkerige, romerige substansie met karsinogeniese eienskappe. Hierdie besonder giftige substansie word deur Boesmans gebruik, om te smeer op die punte van hul jagpyle. Kontak daarmee veroorsaak velirritasie, en indien die oë aangetas word, kan dit blindheid veroorsaak.
Subspesies Die spesie het twee subspesies: Euphorbia virosa subsp. arenicola L.C.Leach Euphorbia virosa subsp. virosa
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
cymosum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika