Die Fluminense Football Club is 'n Brasiliaanse sokkerklub in die stad Rio de Janeiro.
Fluminense beteken "van die rivier". Die klub is op 21 Julie 1902 as 'n sokkerklub gestig. Vandag is hulle 'n sambreelorganisasie vir verskeie spanne in meer as 16 verskillende sportsoorte. Hulle bly egter veral bekend vir hulle sokker. Die artikel behandel daarom slegs oor hulle sokkerafdeling.
Die klub het sterk mededinging met hulle stadsgenoot, Flamengo. Hierdie wedstryd is die strafste derby van Brasilië en staan wêreldwyd bekend as die Fla-Flu.
Erelys Kampioen Brasilië (4) 1970, 1984, 2010, 2012 Copa do Brasil (1) 2007 (naaswenner (2): 1992, 2005) Copa Libertadores (naaswenner (1): 2008) Wêreldbeker vir Klubs (1) 1952
Bekende sokkerspelers Assis Branco Carlos Alberto Torres Castillo Dario Conca Deco Delei Doval Félix Gérson Fred Paulo César Caju Paulo Vítor Renato Gaúcho Ricardo Gomes Rivellino Romário Romerito Romeu Pelliciari Samarone Thiago Silva Washington
Kategorie:Sport in Rio de Janeiro (stad) Kategorie:Brasiliaanse sokkerklubs