duimnael|Hoërskool Menlopark se koor tree in 2013 in Wene op. duimnael|Hoërskool Menlopark se koor van 2013 in Wene. duimnael|Die skool se koor tree in 2013 in Wene op. Hoërskool Menlopark is 'n openbare Afrikaans-medium sekondêre skool wat in Menlopark, Pretoria, naby Laerskool Menlopark geleë is. Skoliere verwys na hulleself as Parkies. Die skool is in 1963, met 12 klaskamers en 372 leerders in grade 8, 9 en 10 (destyds standerds 6, 7 en 8) begin.Skool se webtuiste, besoek op 9 September 2008
Skoollied Die skool se skoollied, Excelsa Petamus is in 1965 deur Mnr. J.J. Botha (lirieke) en Dr O.A. van der Stoep (musiek) geskryf. Die eerste strofe van die skoollied lui as volg:
Hou hoog die vaandel wit en blou Ons simbool van trots en trou Ja, ons hart, en ons hand - Aan ons skool is dit verpand. Hier sal ons streef en werk en bou, Waai ons vlag hoog, wit en blou! En al wat ons skool sal vra, Is om trots sy naam te dra, Excelsa petamus! Excelsa petamus! Excelsa petamus! Streef die hoogste na.
Lys van onlangse hoofseuns Schabort Froneman (2005) Tertius Pelser (2006) Louis van Papendorp (2007) Johann van Wyk (2008) Armand Fourie (2009) Stefan Vermaak (2010) Pieter N. Scribante (2011) Riaan Pont (2012) Wybren Hiemstra (2013) Ulrich Lombard (2014) Hans-Peter Fechter (2017)
Lys van onlangse hoofmeisies Marlie Kock (2006) Rose Griessel (2007) Hester Barnard (2008) Anika Viljoen (2009) Renée Barnard (2010) Charné van Biljon (2011) Lara Matzner (2012) Carissa van Aarde (2013) Mirike Loedolff (2014)
Lys van Parkieraadvoorsitters Willemien Heyns (2005) Bremer Pauw (2006) Adam Heyns (2007) Ulrich Ohlhoff (2008) Armand Basson (2009) Gunther Matzner (2010) Magrietjie Pelser (2011) Dewald Vlok (2012) Anje de Wet (2013)
Alumni Bekende alumni Gesorteer volgens laaste skooljaar (datum in hakies): Jana Cilliers (1967), aktrise Laurie Dippenaar (1965), 'n stigter van die FirstRand Groepikineo.com besoek op 9 September 2008 . Claudie van Onsellen (1970?) (née van Straten), Springbokhekkiesatleet Koos Kombuis (1972), sanger, gebore as André le Roux du ToitKoos Kombuis en die "First National Band" op Flickr, besoek op 9 September 2008. Marthinus Christoffel Botha (1972), joernalis, digter en skrywer van kortverhale Heinrich Regenass (1976), forensiese ouditeur en belastingkennerLogista webblad, besoek op 9 September 2008. (dooie skakel) Johan Marais (1976), Springbokrugbyspeler Reggie Holmes (1976), Springbokmuurbalspeler Dawie Bosch (1977), outeur van handboeke oor werkswetgewing, en voormalige hoof- tegniese raadgewer van TECL in Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini Henning Gericke (1977), middelafstandatleet en sedert 2004 sielkundige motiveerder van die Springbokkewhoswhosa.co.za besoek op 23 Junie 2012 Johan Scholtz (1980), bankwese advokaat Rudolph Straeuli (1981), voormalige Springbokrugbyspeler en Springbokafrigter Edward Webb (1984), kenner van toegepaste dierefisiologie en vleiswetenskappe, en hoof van die Department van Vee- en Wildkunde, Universiteit van Pretoria Jacques Olivier (1985), Springbokrugbyspeler Pieter Murray (1999), veldnaelloper Amalia Uys (2002), aktrise Adriaan van der Dussen (2003), joernalis Gideon Louw (2005), Suid-Afrikaanse swemmer by die Olimpiese Somerspele 2008 en Gemenebesspele 2010 Henk Kraaij (2005), Suid-Afrikaanse vlieënier Willemien Heyns (2005), sanger en liedjieskrywer Eugenie Wicksell (2007), Springbokatleet Adam Heyns (2007), akteur en komediant Carlien Scholtz (2008), Springbokdanser Kobus Moolman (2009), Springbokhekkiesatleet (100 m) Tommy Hill (2009), stigter van die skool se "Omgee-komitee" Rikenette Steenkamp (2010), Springbokhekkiesatleet (100 m) Stefan Vermaak (2010), akteur Willem de Beer (2010), Internasionaal-beroemde pianis Tony Jantjies (2010), Junior Springbokrugbyspeler Theunis de Bruyn (2010), Suid-Afrikaanse krieketspeler (o/19) Sonja Scholtz (2011), Springbok skaakspeler Pieter N. Scribante (2011), Springbok Ju-Jitsu (Wêreldkampioen o/16) Charné van Biljon (2011), Springbok hokkiespeler (o/17) Regardt Verster (2011), Suid-Afrikaanse krieketspeler (o/19) Inge Viljoen (2011), Springbok sewekampatleet Lenke van Aarde (2012), Springbok skaakspeler
Menlo-alumni Menlo se alumni-assosiasie, bekend as "Menlo Alumni", is 2006 gestig. In 2019 word die amptelike MENLOBOND gestig wat verskeie funksies o.a. die alumni insluit.
Verwysings
Eksterne skakels
Hoërskool Menlopark se amptelike webtuiste
Kategorie:Skole in Gauteng Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria