Heers (Limburgs: Hiër) is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die suidweste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die Waalse provinsie Luik. Die munisipale gebied het sowat 7 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 53 km².
Die Heers-kasteel dateer uit die 13de eeu. Die Herk-rivier ontspring in hierdie munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Heers: Batsheers, Gutschoven, Heers, Heks, Horpmaal, Klein-Gelmen, Mechelen-Bovelingen, Mettekoven, Opheers, Rukkelingen-Loon, Vechmaal en Veulen.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België)