Wilhelm I uit die dinastie Hohenzollern, volle naam Wilhelm Friedrich Ludwig, (* 22 Maart 1797 in Berlyn, Duitsland; † 9 Maart 1888 in Berlyn) het tussen 1861 en 1888 as koning van Pruise en tussen 1871 en 1888 as die eerste Duitse keiser geregeer.
Wilhelm was die kleinseun van die prins August Wilhelm van Pruise en die seun van Friedrich Wilhelm IV. Hy word ná die Unifikasie van Duitsland in Versailles op 63-jarige leeftyd, Duitse keiser en regeer vir 17 jaar.
Sy regering is gekenmerk deur die buitelandsbeleid van sy Rykskanselier Otto von Bismarck, wat verbonde met Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Koninkryk van Italië gesluit het. Sy regeringsstyl was konserwatief en teen die vroeë Sosiaaldemokrasie (die huidige SPD) en die Rooms-Katolieke Kerk gerig. Hy oorleef verskeie aanvalle, wat die vervolging van die Sosiaaldemokrasie vererger het. Tydens sy regering het die Duitse Keiserryk sy eerste kolonies verower.
Kategorie:Duitse keisers Kategorie:Geboortes in 1797 Kategorie:Huis van Hohenzollern Kategorie:Pruisiese konings Kategorie:Sterftes in 1888