regs|320px|duimnael|Die kerkgebou.
duimnael|regs|320px|Ds. G.J.P. Kriel en sy gesin. Dié foto is geneem tydens sy dienstyd in die NG gemeente Koringberg van 1960 tot 1968.
Die NG gemeente Windhoek-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië. Die gemeente lê in Windhoek, is in 1960 gestig en het 1 011 gemeentelede, van wie 727 belydend (2010). In 1966 het die gemeente 'n eie kerkgebou gekry en in 1984 'n eie kerksaal. Die lidmate is Afrikaans-, Duits-, Engels- en Herero-sprekend. Die gemeente beskik oor baie kinders; die gemiddelde ouderdom is daardeur 33 jaar oud (2010).
Leraars A.G.S. Gous, 1960-1961 Jan Johannes Human, 1962-1967 Gideon Jacobus Petrus Kriel, 1968-1975 W.A. Fourie, 1975-1979 Jacobus Petrus Johannes Botes, 1979 - 1981 C.J.J. Froneman, 1982-1983 M. Brand, 1983-1987 H.J.J. Barnard, 1986-1988 A.R. Olivier, 1988-1992 H.Z.M. Oosthuizen, 1992-2001 H.M. (Hendrik) Koekemoer, 1989 - hede N.A. (André) Louw, 2001 - hede Hestie Hay, 7 Februarie 2016 – hede
En:<br/ > L. (Laurentius) Hausiku, VGK Sauyemwa
Bronne Die gemeente se amptelike webwerf - geskiedenis
Eksterne skakels Die gemeente se amptelike webwerf Ligging:
Windhoek-Oos Kategorie:Windhoek