Josif Joelijewitsj Karakis (Russies: Ио́сиф Ю́лиевич Кара́кис) (29 Mei 1902, naby Balta - 23 Februarie 1988, Kiëf) was ’n Sowjet-argitek, stadsbeplanner, skilder en onderwyser. Hy was een van die produktiefste argitekte van Kiëf.

Hy het dosyne argitektoniese monumente ontwerp, asook meer as 2 000 skole.Замах на Каракіса // Політика i Культура — 11—17 червня 2002 — №20(151). стр. 36—37. (автор Ярослав Тинченко) (Oekraïns) Hy was die argitek van meer as 4 000 geboue in die voormalige Sowjetunie. (Russies)

Projekte In Kiëf was hy onder meer verantwoordelik vir: Nasionale Historiese Museum van die Oekraïne; Huis van Beamptes – Groesjefskowo-str. 30 / 1 - nou die Sentrale Museum van Gewapende Magte van Oekraïne; Die trappe en skutmuur met lanterns by die ingang van die Nasionale Museum van Geskiedenis van die Oekraïne; Huis van die Rooi Leër en Vloot in Kiëf (1932); Rekonstruksie van die klub in Awiagorodke (1933-1934); Restaurant "Dynamo" (1932-1934); Rekonstruksie van die Teater van die Rooi Leër (1938); Musiekskool en konsertsaal van die Konservatorium vir Musiek (1936-1937); Joodse teater te Chresjtsjatik-str. 17 (1939);

Hy het ook verskeie gebou ontwerp of help ontwerp in Moskou (Koersk-stasie), Tasjkent, Chisinau, Bekabod (Oezbekistan), Charkof, Skomorochi, Komsomolsk, ens.

senter|duimnael|1220px|Panorama van Kiëf met ’n gebou van Karakis links.

Verwysings

Kategorie:Russiese argitekte Kategorie:Modernistiese argitekte Kategorie:Russiese skilders Kategorie:Stadsbeplanners Kategorie:Geboortes in 1902 Kategorie:Sterftes in 1988