Halen (Limburgs: Hôle) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die weste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het sowat 9 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 36 km².
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Halen: Halen (stad), Loksbergen en Zelem.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België) Kategorie:Stede in Vlaandere