Dilsen-Stokkem (Limburgs: Dilse-Stokkem) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die noordooste van die Vlaamse provinsie Limburg, geleë aan die Maas-rivier, wat o.a. hier die grens vorm met die Nederlandse provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 20 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 66 km². Dilsen is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Dilsen-Stokkem: Boyen, Dilsen, Elen, Lanklaar, Rotem en Stokkem.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België) Kategorie:Stede in Vlaandere