Beauvechain (Wallonies: Bôvetchén, Nederlands: Bevekom) is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die Walloniese provinsie Waals-Brabant. Die munisipale gebied het sowat 7 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 31 km².

Beauvechain lê teen die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. In die noordweste grens die munisipaliteit aan die Meerdaalbos. In die suide van die munisipaliteit lê 'n militêre vliegveld (Engelse naam Beauvechain Air Base).

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Beauvechain:<br/ > Beauvechain (dorp), Hamme-Mille, L'Écluse (Sluizen), La Bruyère, Nodebais en Tourinnes-la-Grosse (Deurne).

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Waals-Brabant Kategorie:Nedersettings in Waals-Brabant