Wolgast 280px Kaart Wapen 170px|center 65px|center Ligging in Oos-Voorpommere 90px|center Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Mecklenburg-Voorpommere Koördinate Stigting Voor 1123  Stadstatus 1282 Oppervlakte:    - Totaal 61,52 vk km  Hoogte bo seevlak 12 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2013) 12 355Statistisches Landesamt Mecklenburg-Vorpommern  - Bevolkingsdigtheid 200,8/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 Burgemeester Stefan Weigler  Amptelike Webwerf www.wolgast.de Wolgast is 'n stad in die uiterste noordooste van Duitsland. Dit maak deel uit van die administratiewe distrik Oos-Voorpommere en dien as administratiewe sentrum van die Amt Am Peenestrom, 'n munisipaliteit met nege ander nedersettings. Dit staan onder meer bekend as die geboortestad van die skilder Philipp Otto Runge (1777-1810), die grondlegger van die Romantiese skilderkuns in Duitsland. Sy geboortehuis naby die hawe, die Rungehaus, is in 'n museum omgeskep.

Die plaaslike ekonomie baseer op skeepsbou en toerisme: die Middeleeuse oustad van Wolgast is in die somer 'n trekpleister vir duisende toeriste.

Geskiedenis duimnael|links|Rathaus Wolgast Wolgast het sy oorsprong in 'n Slawiese nedersetting wat in die 6de of 8ste eeu n.C. naby die plaaslike riviermonding ontstaan het. Die waterweë in die omgewing het handelsaktiwiteite en sodoende ook die groei van Wolgast bevorder. Later het Duitse setlaars hulle in die gebied gevestig.

In die 10de en 11de eeu was die suidelike Oosseekus reeds 'n omstrede gebied waar die destydse Oossee-groot moondhede - die Heilige Romeinse Ryk, Pole en Denemarke - hul invloed laat geld het. Maar eers met die sendingwerk en kerstening deur biskop Otto von Bamberg is die Slawiese streek rondom Wolgast tot 'n Duitse hertogdom verklaar.

Wolgast was naas Gütskow, 'n klein graafskap, en Usedom een van slegs drie plekke waar die biskop gedurende sy tweede sendingreis in 1128 besoek afgelê het. In Wolgast het dan ook die eerste Christelike kerk, 'n houtgebou as voorganger van die huidige St.-Petrikerk, ontstaan. Omstreeks 1257 was die klein nedersetting reeds 'n Duitse stad met Slawiese voorstede.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mecklenburg-Voorpommere