Himeville is 'n dorp naby die Drakensberg in KwaZulu-Natal; gestig in 1905. Dit is vernoem na sir Albert Hime, destydse Eerste Minister van Natal. Himeville is 'n hengeloord vir forelle en ook 'n boerderysentrum. Die afdraai na die Sanipas is 3 km noord van die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal