duimnael|regs|200px|Prof. dr. Willie Jonker.
Prof. dr. Willem (Willie) Daniël Jonker (1 Maart 1929 – 28 Augustus 2006) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, skrywer en van 1971 tot 2 Augustus 1992 professor aan die US se Kweekskool in dogmatiese vakke. Hy het ook lank die rubriek "Geestelike Waardes" in Die Burger onder voorletters "W.D.J." behartig.
Hy studeer van 1946 tot 1952 aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy B.D. en M.A. (Afrikaans) behaal. Van 1952 tot 1955 studeer hy aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) waar hy onder G.C. Berkouwer promoveer met die proefskrif "Mistieke liggaam en kerk in die nuwe Rooms-Katolieke teologie". Jonker begin sy gemeentelike bediening in 1955. In 1960 vertrek hy om verdere navorsing oorsee te doen.
In 1965 aanvaar hy die benoeming by Unisa as professor in kerk- en dogmageskiedenis en kerkreg. Na twee jaar as predikant van die NG gemeente Johannesburg-Oos (Irene) aanvaar hy in 1968 ’n pos in Kampen. In 1971 word hy na die Fakulteit Teologie (die Kweekskool) aan die Universiteit Stellenbosch beroep vir dogmatiese vakke. Hier dien hy tot sy aftrede in 1992. Jonker was die ontvanger van verskeie pryse, toekennings en eredoktorsgrade.
Gemeentes Sy eerste gemeente was Johannesburg-Wes van 1955 tot 1958, sy tweede Potchefstroom-Noord van 1959 tot 1962, waar hy studenteleraar was, toe Johannesburg van 1962 tot 1965 en laastens Johannesburg-Oos, die sogenaamde Irenekerk, van 1966 tot 1968. Hy het die tweede Irenekerk se hoeksteen op 8 Augustus 1970 gelê.
ToekenningsBiografie op Willie Jonker Digitale Argief Beurs van die Unie van Suid-Afrika, 1952 Senior beurs van die RGN, 1960 Ad hoc-toekenning van die RGN, 1980 British Council , 1980 Senior beurs van die RGN, 1983 Rapportryers-toekenning vir Teologiese Publikasie, 1980 Credo-prys vir Teologiese Publikasies 1982 Totius-prys vir Teologie 1990 Andrew Murray-prys vir Teologiese Publikasies 1991 en 1997 Doctor honoris causa van die Universiteit van Stellenbosch, 1997 Doctor honoris causa, Universiteit van Potchefstroom, 1999 van Wyk Louw-medalje 2001 Doctor honoris causa, Universiteit van die Vrystaat, 2004.
Bronne Die waarheid sag, oortuigend, Die Burger, 11 Maart 1989. Bybel-Media se webtuiste.
Eksterne skakels Sy boek "Soms kom dit later" te koop op Bidorbuy.co.za Willie Jonker Digitale Argief
Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante Kategorie:Suid-Afrikaanse teoloë Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2006