Curaçao (Nederlands: [kyːraːˈsʌu], , of [kuːr-]; Papiaments: Kòrsou, [ˈkɔrsɔu̯]), amptelik die Land Curaçao (Nederlands: Land Curaçao; Papiaments: Pais Kòrsou), is 'n eilandstaat in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 2010 het Curaçao deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande, grondwetlik gelykwaardig aan Aruba, Nederland en Sint Maarten.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Curaçao duimnael|links|Kaart van Curaçao Die amptelike tale is Nederlands, Papiaments (die volkstaal) en Engels; 'n ander taal wat gepraat word is Spaans. Die hoofstad en grootste stad is Willemstad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 444 km² en het in 2023 'n bevolking van 148 925 gehad.

Die internasionale lughawe op die eiland heet Hato-lughawe.

Etimologie Volgens 'n verklaring was "Curaçao" die naam waarmee die inheemse mense van dié eiland na hulleself verwys het, dus hul autoniem. Stemmen uit het Verleden. Van Buurt, G., Joubert, S., 1994, Curaçao. Vroeë Spaanse optekeninge ondersteun dié teorie, aangesien in hul optekeninge na die inheemse mense as Indios Curaçaos verwys word.

Van 1525 af is die eiland op Spaanse kaarte as Curaçote, Curasaote, Curasaore of Curacaute aangedui. Teen die 17de eeu het dit op die meeste kaarte as Curaçao of Curazao verskyn. Op 'n kaart wat deur Hieronymus Cock in 1562 in Antwerpen geteken is, is die eiland Qúracao genoem.

'n Aanhoudende, maar ongedokumenteerde verhaal vertel dat matrose op lang reise in die 16de en 17de eeu – die vroeë jare van Europese verkenning – dikwels skeurbuik gekry het weens 'n gebrek aan vitamien C. Volgens sommige verslae is Portugese of Spaanse matrose wat siek was, op die eiland wat nou bekend staan as Curaçao, agtergelaat. Wanneer hul skip terugkom het, was sommige herstel, waarskynlik genees van skeurbuik nadat hulle vrugte met vitamien C geëet het. Van toe af het die Portugese vermoedelik daarna verwys as Ilha da Curação ("eiland van genesing") en die Spaanse as Isla de la Curación. Volgens 'n ander verklaring is dit ontleen aan die Portugese woord vir hart (coração) wat verwys na die eiland as 'n sentrum vir handel.

Natuur duimnael|links|upright|'n Datu Die eiland het 'n taamlik droë klimaat. Die kus was vroeër die tuiste van wortelboommoerasse, maar dit het sterk verminder weens menslike aktiwiteite. Daar word nogtans sedert 2007 geprobeer om hulle weer te herstel.

'n Belangrike onderdeel van die eiland se ekologie is die drie groot suilkaktusse wat op die eiland voorkom: Datu (Stenocereus griseus) Kadushi (Subpilocereus repandus) Kadushi di pushi (Pilosocereus lanuginosus)

Hulle word veral deur endemiese vlermuise bestuif.

Sport In 2025 het die Curaçaose nasionale sokkerspan vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 gekwalifiseer en daarmee volgens bevolking die kleinste land geword wat daarin geslaag het.

Galery

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Curaçao se regering