Bakgat 2, 'n opvolg op Bakgat!, is 'n Afrikaanse rolprent wat op 10 September 2010 vrygestel is. Die rolprent is op die tienermark gemik en het 'n ouderdomsperk van 13 (vir seks en taal). Engelse onderskrifte word ingespan om die rolprent vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak. Die regisseur was Henk Pretorius.

Genre Die rolprent is 'n komedie.

Hoofrolspelers Ivan Botha as Wimpie Koekemoer Cherie van der Merwe as Katrien Andrew Thompson as Fanie Ciske Kruger Botha as Christie Neil Sharim as Japie Lelia Etsebeth as Liezl Altus Theart as Werner 'Killer' Botha Solomon Cupido as Barry Bradley Olivier as Borrie Steve Hofmeyr as 'n psigoterapeut Kaz McFadden as Perry Hanna Grobler as meisie in badkamer

Storielyn Wimpie Koekemoer, die hoofkarakter van die eerste Bakgat-rolprent, betree die wêreld van rugby op universiteitsvlak waar die "legendes" van môre gevorm word.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels Bakgat fliek se webwerf

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente