duimnael|280px|Saljoet 4

Die Saljoet-ruimteprogram (Салю́т; "Saluut" of "Vuurwerk") was die eerste ruimtestasie-program deur die Sowjetunie. Dit het bestaan uit ’n reeks van nege modules wat oor ’n tydperk van 11 jaar gelanseer is, van 1971 tot 1982. Dit is ontwerp as ’n projek om langtermyn-navorsing te doen oor die lewe in die ruimte, en die ondervinding wat met die projek opgedoen is, het die weg gebaan vir veeldelige ruimtestasies soos Mir en die Internasionale Ruimtestasie.

Saljoet het verskeie ruimterekords opgestel, soos die eerste oorhandiging van ’n ruimtestasie van een bemanning aan die volgende en verskeie ruimtewandelingsrekords. Teen die einde van die projek in 1991 het ruimtestasie-tegnologie ontwikkel van eenvoudige modelle tot komplekse buiteposte in die ruimte met wetenskaplike vermoëns wat vandag nog beïndruk.

Data Ruimte-stasieGelanseerTeruggekeerDae in ’n wentelbaanDae bemanBemanning en besoekersBesoekende bemande tuieBesoekende onbemande tuieMassa(kg) Saljoet 119 April 197101:40:00 UTC11 Oktober 19711752432018 500 DOS-229 Julie 197229 Julie 19720000018 000 Saljoet 24 April 197309:00:00 UTC28 Mei 197354000018 500 Kosmos 55711 Mei 197300:20:00 UTC22 Mei 197311000019 400 Saljoet 325 Junie 197422:38:00 UTC24 Januarie 19752131521018 500 Saljoet 426 Desember 197404:15:00 UTC3 Februarie 19777709242118 500 Saljoet 522 Junie 197618:04:00 UTC8 Augustus 19774126742019 000 Saljoet 629 September 197706:50:00 UTC29 Julie 19821 76468333161419 824 Saljoet 719 April 198219:45:00 UTC7 Februarie 19913 21681626121518 900

Eksterne skakels Nasa-verslag (PDF) Mir-hardeware-erfenis Dagboek van Saljoet-sendings 20px|linksHierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Saljoet-program