Solon (Grieks: Σόλων, c. 638 v.C.–558 v.C.) was 'n Atheense staatsman, wetgewer en digter. Hy word veral onthou vir sy voorgestelde wetgewing teen politiese, ekonomiese en morele verval in argaïese Athene. Sy hervormings was oor die korttermyn nie geslaagd nie, tog word die grondlegging van die Atheense demokrasie dikwels aan hom toegeskryf.Stanton, G.R. Athenian Politics c800-500BC: A Sourcebook, Routledge, Londen (1990), p. 76.Andrews, A. Greek Society (Penguin 1967) 197Harris, E. A New Solution to the Riddle of the Seisachtheia, in 'The Development of the Polis in Archaic Greece', red. Mitchell, L. en Rhodes, P. (Routledge 1997) 103Aristoteles Politiek 1273b 35-1274a 21.

Kennis van Solon word beperk deur die gebrek aan dokumentêre en argeologiese getuienis betrefffende Athene in die vroeë 6de eeu v.C..Stanton G.R. Athenian Politics c800-500 BC: A Sourcebook, Routledge, Londen (1990), pp. 1-5.Aristoteles Politiek 1273b 35-1274a 21 Hy het vir plesier gedig, as patriotiese propaganda, en ter verdediging van sy grondwetlike hervormings. Sy werke oorleef slegs in fragmente, en blyk interpolasies van latere outeurs in te sluit. Dit is verder moontlik dat fragmente verkeerdelik aan hom toegeskryf word (sien Solon die hervormer en digter). Antieke outeurs soos Herodotos en Plutarchus is die vernaamste bronne van inligting, alhoewel hulle eeue na sy afsterwe oor Solon geskryf het — terwyl geskiedenis op hierdie tydstippe geensins 'n akademiese dissipline was nie (sien byvoorbeeld Anekdotes). Vierde-eeuse redenaars, soos Aischines, het geneig om aan Solon al hul eietydse, alhoewel veel latere, wette toe te dig.Ehrenberg, V. From Solon to Socrates: Greek History and Civilization, Routledge (1973) 71 Argeologie onthul 'n skemering van Solon se era in die vorm van fragmentariese inskripsies, maar weinig verder. Vir sekere geleerdes bestaan ons 'kennis' van Solon en sy tye grootliks uit 'n fiktiewe konstruksie, gebaseer op onvoldoende getuienisConnor, W. et al. ''Aspects of Athenian Democracy (Copenhagen, Museum Tusculanam P., 1990) 71-99Mosse, C. Comment s'elabore un mythe politique: Solon Annales ESC XXXIV (1979) 425-437 terwyl ander vertrou dat daar oor 'n substansieële liggaam van werklike kennis beskik word.Rhodes, P. The Reforms and Laws of Solon The Wise: an optimistic view in 'Solon of Athens: new historical and philological approaches', red. J.Blok en A.Lardinois (Brill, Leiden 2006) Solon en sy tye hou dan 'n besondere uitdaging in vir geskiedenisstudente as 'n toets van die beperkings en aard van historiese argumentering.Stanton G.R. Athenian Politics c800-500BC: A Sourcebook, Routledge, Londen (1990), bladsy 2

Sien ook Seisachtheia

Verwysings

Kategorie:Ou Griekse digters Kategorie:Mense in die 6de eeu v.C. Kategorie:Mense in die 7de eeu v.C. Kategorie:Athene Kategorie:Geboortes in 638 v.C. Kategorie:Sterftes in 558 v.C.