Vlaams-Brabant (Nederlands: Vlaams-Brabant, Frans: Brabant flamand, Duits: Flämisch-Brabant) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 187 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 118 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 561 per km². Die hoofstad is Leuven.

Vlaams-Brabant lê in die midde van België, teenoor Waals-Brabant, en omring die Brusselse Hoofstedelike Gewes. In die provinsie word Nederlands en Brabants gepraat.

Die ooste van Vlaams-Brabant behoort tot die Haspengouw. Die hoogste punt lê in die dorp Walshoutem (137 m) in die munisipaliteit Landen.

Administratiewe indeling Vlaams-Brabant is in administratiewe opsig in twee arrondissemente verdeel: Arrondissement Halle-Vilvoorde Arrondissement Leuven

Die arrondissimente is in 63 munisipaliteite verdeel.

links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die provinsie Vlaams-Brabant