Wes-Vlaandere (Nederlands: West-Vlaanderen, Frans: Flandre-Occidentale, Duits: Westflandern, Wes-Vlaams: West-Vloandern) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 220 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 197 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 382 per km². Die hoofstad is Brugge.

Wes-Vlaandere lê in die uiterste noordweste van België en grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Zeeland, in die noordweste aan die Noordsee en in die suidweste (en 'n stukkie in die suide) aan die Franse gewes Nord-Pas-de-Calais. In Wes-Vlaandere word Nederlands en Wes-Vlaams gepraat.

In die uiterste suidweste lê die Wes-Vlaamse Heuwelland. Deur die provinsie vloei die IJzer- en Leieriviere. Die hoogste punt is die Kemmelberg (156 m) in die munisipaliteit Heuvelland in die Wes-Vlaamse Heuwelland.

Administratiewe indeling Wes-Vlaandere is in administratiewe opsig in agt arrondissemente verdeel: Arrondissement Brugge Arrondissement Diksmuide Arrondissement Ieper Arrondissement Kortrijk Arrondissement Oostende Arrondissement Roeselare Arrondissement Tielt Arrondissement Veurne

Die arrondissimente is in 62 munisipaliteite verdeel.

links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die provinsie Wes-Vlaandere