Hluhluwe is 'n klein dorp in die Groot Vyf Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit in die noordooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 3 830 in 2011 gehad. Die dorpie is 46 km noord van Mtubatuba. Daar is ook 'n landingstrook vir ligte vliegtuie. Die dorpie bied toegang tot die Hluhluwe-Imfolozi- en die iSimangaliso-vleilandparke.
Distrik Die belangrikste gewasse wat verbou word is pynappels, suiker, sisal en hout.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal