Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Harding (dubbelsinnig).
Harding is 'n dorp in die suidooste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 9 544 in 2011 gehad en is 55 km oos van Kokstad.
Geskiedenis Die dorp het ontstaan as 'n militêre buitepos wat in 1874 gestig is nadat Griekwaland-Oos tot die Kaapkolonie geannekseer is deur Brittanje en is na sir Walter Harding vernoem. Harding het in 1911 munisipale status verkry en is vandag die kommersiële sentrum vir die bosbou- en suiweldistrik. 'n Smal spoorlyn het die dorp in 1917 bereik.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronnelys
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal