Oos-Vlaandere (Nederlands: Oost-Vlaanderen, Frans: Flandre-Orientale, Duits: Ostflandern) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 561 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 007 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 519 per km². Die hoofstad is Gent.
Oos-Vlaandere lê in die noordweste van België en grens aan die Nederlandse provinsie Zeeland. In die provinsie word Nederlands gepraat. Daar is twee dialekte in die provinsie: Oos-Vlaamse en Brabants (in die Denderstreek).
In die suide lê die Vlaamse Ardenne. Deur die provinsie vloei die Schelderivier (Skelde), die Leie en die Dender. Die hoogste punt is die Hotondberg (150 m) in die Vlaamse Ardenne ('n groene en heuwelachtige landskap) op die grens van die munisipaliteite Ronse en Kluisbergen.
Administratiewe indeling Oos-Vlaandere is in administratiewe opsig in ses arrondissemente verdeel: Arrondissement Aalst Arrondissement Dendermonde Arrondissement Eeklo Arrondissement Gent Arrondissement Oudenaarde Arrondissement Sint-Niklaas
Die arrondissimente is in 55 munisipaliteite verdeel.
links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die provinsie Oos-Vlaandere