Antwerpen (Nederlands: Antwerpen, Frans: Anvers, Duits: Antwerpen) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 911 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 876 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 664 per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Antwerpen.
Antwerpen lê in die noorde van België en grens aan die Nederlandse provinsies Noord-Brabant en (vir 'n stukkie) Zeeland. In die provinsie word Nederlands en variante van Brabants gepraat.
Antwerpen lê grotendeels in die Kempen. Deur die linker deel van die provinsie vloei die Skelde. Die hoogste punt is die Beerzelberg (52 meter bo seevlak) in die munisipaliteit Putte.
Administratiewe indeling Antwerpen is in administratiewe opsig in drie arrondissemente verdeel: Arrondissement Antwerpen Arrondissement Mechelen Arrondissement Turnhout
Die arrondissimente is in 67 munisipaliteite verdeel.
links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die provinsie Antwerpen