Serwië en Montenegro, ook Serwië-Montenegro (Serwies: Србија и Црна Гора, Srbija i Crna Gora), het tussen 27 April 1992 en 3 Junie 2006 op die gebied van die huidige republieke Serwië, Kosowo en Montenegro bestaan. Tussen 27 April 1992 en 4 Februarie 2003 het die Bondsrepubliek Joego-Slawië (Serwies: Савезна Република Југославија, Savezna Republika Jugoslavija) bestaan.

duimnael|links|Kaart wat Serwië en Montenegro vertoon Ná die verval van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië deur die onafhanklikheidsverklaringe van Masedonië, Slowenië, Kroasië en Bosnië-Herzegowina in die vroeë 1990's is op 27 April 1992 die Bondsrepubliek Joego-Slawië gestig. In die Joego-Slawië-oorloë het die Bondsrepubliek Joego-Slawië teen die ander lande oorloë gevoer. Op 4 Februarie 2003 het die voormalige Bondsrepubliek Joego-Slawië hulself na Serwië en Montenegro hernoem. Op 3 Junie 2006 het Montenegro sy onafhanklikheid verklaar nadat die bevolking in 'n referendum daarvoor gestem het. Op 17 Februarie 2008 het die parlement van Kosowo die onafhanklikheid van Serwië verklaar.

Galery

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Montenegro Kategorie:Geskiedenis van Serwië Kategorie:Kosovo