Die Ross-Afhanklikheid (Engels: Ross Dependency) is 'n sektor van Antarktika wat deur Nieu-Seeland as deel van sy nasionale grondgebied beskou word. Die provinsie, 'n driehoekige gebied wat tot by die Suidpool strek, is omtrent 450 000 km² groot, wat dit byna twee keer so groot soos al die ander Nieu-Seelandse provinsies tesame maak. Dit is tussen die 150ste en 160ste westelike lengtegraad en die 60ste suidelike breedtegraad geleë.
duimnael|links|Kaart van geëiste gebiede in Antarktika Die Nieu-Seelandse soewereiniteit oor die gebied word slegs deur Australië, die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Noorweë erken, wat almal ook Antarktiese gebiede opeis. Die Scott-eilande en die Balleny-eilande maak eweneens deel uit van die Ross-Afhanklikheid. Hulle is in 1923 deur die Verenigde Koninkryk aan sy voormalige dominium Nieu-Seeland oorgedra. Saam met die Cookeilande, Nieu-Seeland, Niue en Tokelau vorm dit die Koninkryk van Nieu-Seeland.
Eksterne skakels
Kategorie:Afhanklike gebiede in Antarktika Kategorie:Afhanklike gebiede van Nieu-Seeland Kategorie:Geografie van Antarktika Kategorie:Koninkryk van Nieu-Seeland Kategorie:Omstrede gebiede