duimnael|links|Kaart van geëiste gebiede op Antarktika Die Brits-Antarktiese Gebied (Engels: British Antarctic Territory) is 'n sektor van Antarktika wat deur die Verenigde Koninkryk as deel van sy oorsese gebied beskou word.

Die gebied is omtrent 1 709 400 km² groot en word ook deur Argentinië en Chili geëis. Die gebied word slegs deur die Australië, Nieu-Seeland, Frankryk en Noorweë erken en is driehoekige gedeelte wat tot by die Suidpool strek en word begrens deur die 20° Wes- en 80° Wes-meridiane en die 60° Suid-breedtegraad. Die Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande en die Suidelike Shetlandeilande is ook 'n deel van die Brits-Antarktiese Gebied en word op 3 Maart 1962 van die gebiede van die Falkland-eilande gestig.

Eksterne skakels

Kategorie:Afhanklike gebiede in Antarktika Kategorie:Britse oorsese gebiede Kategorie:Geografie van Antarktika Kategorie:Omstrede gebiede