Die Pitcairneilande (Engels: Pitcairn Islands, Pitkern: Pitkern Ailen, amptelik die Pitcairn Group of Islands) is 'n groep van vier eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Die vier eilande het 'n totale oppervlak van 47 vierkante kilometer met 'n bevolking van 47 mense en die hoofstad, Adamstown, het 'n bevolking van 39 mense.
Die gebied se hoofstad Adamstown is op die tweede grootste eiland, Pitcairn, geleë. Die Pitcairneilande lê tussen Frans-Polinesië in die weste en die Paaseiland in die ooste en is die laaste oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in die Stille Oseaan.
Geografie duimnael|links|Ligging van die Pitcairneilande duimnael|links|Kaart van die Pitcairneilande Naam Soort Oppervlakte(land, km²) Oppervlakte(totaal, km²)* Bevolking(2007) Ducie Atoll 0,7 3,9 0 Henderson Koraaleiland 37,3 37,3 0 Oeno Atoll 0,65 16,65 0 Pitcairn Vulkaaneiland 4,6 4,6 48
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels