Tupac Amaru Shakur (gebore Lesane Parish Crooks; 16 Junie 1971 – 13 September 1996), onder sy verhoognaam bekend as 2Pac (of eenvoudig Pac) en Makaveli, was 'n Amerikaanse kletskunstenaar. Meer as 75 miljoen van Shakur se plate is al wêreldwyd verkoop, wat hom een van die kommersieel suksesvolste musiekkunstenaars ter wêreld maak. Rolling Stone Magazine het hom as die 86ste Grootste Kunstenaars van Alle Tye benoem. Rolling Stone Magazine: 100 Greatest Artists of All Time . Besoek op 22 Junie 2010.
Nie-net was Shakur 'n topverkopende kletskunstenaar nie, want daarbenewens was hy ook akteur Growing Tupac's Legacy, 10 Years After His Death : NPR Music. en sosiale aktivis. Die meeste van Shakur se lirieke handel oor grootword tussen die geweld en swaarkry in die ghetto's, rassisme, probleme met die samelewing en konflikte met ander kletskunstenaars tydens die Ooskus-Weskus-hiphopwedywer. Shakur was aanvanklik 'n toergesel en agtergronddanser vir die alternatiewe hiphopgroep Digital Underground. Tupac Shakur – hotshotdigital.com. Edwards, Paul, 2009, How to Rap: The Art & Science of the Hip-Hop MC, Chicago Review Press, bl. 330.
Geweld was 'n tema nie net in sy kuns nie, maar ook in sy lewe. In November 1993 is hy van seksuele aanranding aangekla en is hy gevolglik 'n een-en-'n-half tot vier-en-'n-half jaar tronkstrafvonnis opgelê. Op 7 September 1996 is Shakur in Las Vegas in Nevada geskiet. Hy is na die Universiteit van Nevada se mediese sentrum geneem waar hy aan long- en hartversaking op 13 September oorlede is. Tupac Shakur's death certificate details reported by Cathy Scott. Besoek op 5 Oktober 2007.
Verwysings
Eksterne skakels
2Pac Legacy
Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Kletsrymers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Sterftes in 1996