Tokelau (letterlik: "noordnoordoos") is 'n groep van drie eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Die argipel is 'n afhanklike gebied onder Nieu-Seelandse beheer. Saam met die Cookeilande, Nieu-Seeland, Niue en die Ross-Afhanklikheid vorm dit die Koninkryk van Nieu-Seeland.
duimnael|links| Voorstel vir ’n vlag van Tokelau gedurende die 1980’s duimnael|links|Kaart van Tokelau Die drie eilande beslaan 'n totale oppervlakte van 12 vierkante kilometer en het in 2024 'n bevolking van 2 453 gehad. Tokelau lê in die ooste van die Tuvalu, in die suide van Kiribati, in die weste van die Cookeilande en in die noorde van Samoa en van Amerikaans-Samoa. Die eiland het geen amptelike hoofstad nie en al drie eilande het hul eie hoofstad.
Atoll Koördinate Oppervlaktekm² Lagoonkm² Bevolking(2006) Atafu 3,5 17 524 Nukunonu 4,7 98 426 Fakaofo 4,0 50 483 Tokelau 12,2 165 1433
Sport duimnael|links|Vroue speel krieket in Tokelau, 1966 Gewilde sportsoorte op Tokelau is rugby, netbal en kilikiti, 'n plaaslike soort krieket.
Netbal is glo deur Britte na Tokelau gebring, maar dit het veral gewildheid verwerf, toe Nieu-Seeland beheer oor die eiland oorgeneem het. Die sport word gewoonlik tydens intereilandse sporttoernooie beoefen, langs ander sportsoorte soos Rugby League en vlugbal.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Tokelau se regering
Kategorie:Voormalige Britse kolonies