Niue (Niuies: Niuē) is 'n eilandstaat in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 31 lande erken. Saam met die Cookeilande, Nieu-Seeland, die Ross-Afhanklikheid en Tokelau vorm dit die Koninkryk van Nieu-Seeland.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Niue Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 260 vierkante kilometer en het in 2024 'n bevolking van 1 815 gehad, meestal Polinesiërs. Niue lê in die weste van die Cookeilande, in die suide van Amerikaans-Samoa en in die ooste van Tonga. Die hoofstad en grootste stad is Alofi.

Geografie duimnael|links|Kaart van Niue duimnael|links|Onderafdelings van Niue No. Dorp Bevolking(2001-sensus) Oppervlakte The Total Land Area of Niuekm² BevolkingsdigtheidBevolking/km² Motu (historiese stamgebied in die noorde) 1 Makefu 87 17,13 5,1 2 Tuapa 129 12,54 10,3 3 Namukulu 14 1,48 9,5 4 Hikutavake 65 10,17 6,4 5 Toi 31 4,77 6,5 6 Mutalau 133 26,31 5,1 7 Lakepa 88 21,58 4,1 8 Liku 73 41,64 1,8 Tafiti (historiese stamgebied in die suide) 9 Hakupu 227 48,04 4,7 10 Vaiea 62 5,40 11,5 11 Avatele 150 13,99 8,9 12 Tamakautoga 140 11,93 11,7 13 Suid-Alofi 358 46,48 13,2 14 Noord-Alofi 256 Niue 1 788 261,46 6,8

Politiek Internasionale erkenning duimnael|400px|Buitelandse betrekkinge van Niue Die volgende lande het formele diplomatieke betrekkinge met Niue gevestig. Oseanië (9 lande) (2013) (2013) (2023) (2024) (2004) (1993) (2014) (2014) (2022) Europa (6 lande) (2026) (2012) (2015) (2015) (2023) (2014)Asië (10 lande) (2012) (2019) (2023) (2015) (2022) (1996) (2012) (2023) (2013) (2007) Amerikas (6 lande) (2016) (2021) (2023) (2014) (2020) (2023)

Sport duimnael|links|Niue se nasionale sewesrugbyspan voer die Takalo op, 2006 Die sokkerbeheerliggaam Niue Island Soccer Association is nie 'n lid van die wêreldbeheeliggaam FIFA nie en slegs 'n geassosieerde lid van die kontinentale beheerliggaam OFC. Vervolgens kan die land nóg vir die Sokker-Wêreldbeker nóg vir Oseanië-sokkerkampioenskappe kwalifiseer. Tot dusver het 'n nasionale sokkerspan net in twee wedstryde tydens die Suid-Pasifiese spele 1983 verskyn. Hulle het beide wedstryde verloor, teen Papoea-Nieu-Guinee (met 0–19) en Tahiti (met 0–14).

Rugby is die gewildste sportsoort op Niue en hulle beskik oor 'n taamlik suksesvolle nasionale rugbyspan wat aan die Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering deelgeneem het. Tydens die kwalifisering het hulle op 23 Julie 2005 'n oorwinning oor Tahiti (met 55–8) aangeteken, maar hulle is twee weke later deur die Cookeilande verslaan (met 5–24), waardeur hulle die toernooi misgeloop het.

In sewesrugby het Niue tydens die Wêreldrugby-sewesreeks ook suksesse aangeteken. Veral twee oorwinnings teen die hoër geplaaste Japan tydens die Wellington Sewes 2003 het opskudding veroorsaak.

Kaart

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Niue se regering

Kategorie:Voormalige Britse kolonies