8 Oktober is die 281ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (282ste in skrikkeljare). Daar volg nog 84 dae.
Gebeure 451 – Die Konsilie van Chalcedon vind plaas. 1503 – Pous Pius III word gekroon deur kardinaal Raffaello Sansoni Riario. 1546 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Sabina. 1582 – Weens die implementering van die Gregoriaanse kalender, word 8 Oktober 1582 in Italië, Pole, Portugal en Spanje oorgeslaan. 1584 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word pouslike legaat in Bologna. 1645 – Pous Innocentius X verklaar Sint Philip Benzi salig. 1871 – Die Groot Brand van Chicago breek uit. 1912 – Die Eerste Balkanoorlog begin toe Montenegro oorlog verklaar teen Turkye. 1913 – 'n Noorweegse meisie, genaamd Solveig Gunbjörg Jacobsen, word die eerste kind wat in Antarktika gebore is. 1936 – Die eerste uitgawe van die Kaapstadse middagblad Die Suiderstem verskyn as lyfblad van die Verenigde Party. 1967 – Che Guevara, 'n Argentynsgebore dokter, Marxistiese revolusionêr en Kubaanse guerrillaleier, word naby La Higuera, Bolivië, in hegtenis geneem. 1987 – Die vierde Krieketwêreldbeker begin in Indië en Pakistan.
Geboortes 1551 – Giulio Caccini, Italiaanse komponis van die vroeë baroktydperk († 1618). 1670 – Hendrik van der Stel, seun van Simon van der Stel († 1722). 1884 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër († 1942). 1888 – Friedrich Fromm, Duitse generaal († 1945). 1895 – Juan Perón, Argentynse militaris en president van Argentinië († 1974). 1903 – Mikro (skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), Afrikaanse skrywer († 1968). 1906 – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler († 1996). 1920 – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer († 1986). 1934 – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 2011). 1941 – Jesse Jackson, Sr., Amerikaanse burgerregte aktivis († 2026). 1944 – Jean-Yves Ollivier, Franse sakeman en parallel-diplomaat. 1947 – Bob van Asperen, Nederlandse klavesimbel- en vroeë-klawerbordspeler en dirigent. 1949 – Sigourney Weaver, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger. 1970 – Matt Damon, Amerikaanse akteur. 1984 – Tansey Coetzee, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, in 2007 as Mej. Suid-Afrika gekroon. 1997 – Bella Thorne, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes 1354 – Cola di Rienzo, Middeleeuse Italiaanse politikus en populêre leier (* 1313). 1869 – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State (* 1804). 1886 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar (* 1822). 1967 – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883). 1982 – Fernando Lamas, Argentynse akteur (* 1915). 1992 – Willy Brandt, Duitse regsgeleerde en politikus, 4de Bondskanselier van Wes-Duitsland, Nobelpryswenner (* 1913). 2023 – Burt Young, Amerikaanse akteur (* 1940).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Oktober