Publius (of Gaius) Cornelius Tacitus (56 – 120) was 'n senator en 'n historikus van die Romeinse Ryk. Die behoue dele van sy twee vernaamste werke – die Annale en die Geskiedenisse – ondersoek die bewind van die Romeinse keisers Tiberius, Claudius, Nero en dié wat regeer het in die jaar van die vier keisers. Hierdie twee werke behels die geskiedenis van die Romeinse ryk vanaf die dood van Augustus in 14 n.C., tot (waarskynlik) die dood van keiser Domitianus in 96 n.C.. Daar is aansienlike lakunes in die behoue tekste, insluitend een van vier boeke in omvang, in die Annale.
In sy ander werke bespreek Tacitus redenaarskuns (in dialoogformaat in Dialogus de oratoribus), Germania (in De origine et situ Germanorum), en verskaf biografiese aantekeninge omtrent sy skoonpa Agricola, hoofsaaklik betreffende sy Britanniese kampanje (De vita et moribus Iulii Agricolae).
Tacitus was 'n outeur wat geskrywe het in die silwer era van Latynse literatuur. Sy werk word onderskei deur 'n manhaftigheid en skerpsinnigheid, en 'n kompakte en soms onkonvensionele aanwending van Latyn.
Lewe Alhoewel Tacitus se werke menige detail omtrent sy eietydse wêreld bevat, is besonderhede van sy persoonlike lewe skaars. Die breukdeel wat bekend is word verkry uit toevallige wenke regdeur sy werke, die briewe aan sy vriend en bewonderaar Plinius die jongere, 'n inskripsie wat te Mylasa in Karië gevind is,OGIS 487, vir die eerste keer in Bulletin de correspondance hellénique aan die lig gebring, 1890, bl. 621–623 en deur ingeligde raaiwerk.
Tacitus is in 56 of 57 gebore in 'n familie van ridderstand;Aangesien hy tot die quaestorskap aangestel is tydens die kort bewind van Titus (kyk nota onder) en vyf en twintig die minimum ouderdom was vir die aanstelling, kan die datum van sy geboorte met redelike akkuraatheid bepaal word. soos baie Latynse outeurs van die goue en silwer eras, was hy van die provinsies, waarskynlik noord-Italië, Gallië Narbonensis, of Hispanië. Die presiese plek en datum van sy geboorte is onbekend, terwyl sy praenomen (voornaam) eweneens 'n raaisel is; in die briewe van Sidonius Apollinaris is sy naam Gaius, maar in die belangrikste behoue manuskrip van sy werk, word sy naam aangedui as Publius.Kyk Oliver, 1951, vir 'n uiteensetting van die manuskrip waaruit die naam Publius geneem is; kyk ook Oliver, 1977, wat die aansprake vir elke voorgestelde praenomen ondersoek (die welbekende Gaius en Publius, en die minder bekende aansprake vir Sextus en Quintus) voor hy Publius aandui as die mees waarskynlike. (Een geleerde se voorstel van Sextus het min ondersteuning gelok.)Oliver, 1977, kwoteer 'n artikel deur Harold Mattingly in Rivista storica dell'Antichità, 2 (1972) 169–185
Jeug en afkoms duimnael|300px|Tacitus kon moontlik van Gallia Narbonensis afkomstig gewees het. Die ouer aristokratiese families was met die einde van die republiek reeds grootliks uitgedelg deur proskripsies, en Tacitus maak dit duidelik dat sy rang te danke was aan die Flawiese keisers (Gesk. 1.1). Bespiegeling dat hy van 'n vrygelatene sou afstam, vind geen ondersteuning, buiten vir sy stelling, in 'n denkbeeldige toespraak, dat etlike senatore en ridders van vrygelate afkoms was nie (Ann. 13.27), en word verwerp deur vooraanstaande historici.Syme, 1958, bl. 612–613; Gordon, 1936, bl. 145–146
Sy vader kon die Cornelius Tacitus wees, wat prokurator van Belgica en Germania was; Plinius die ouere meld dat Cornelius 'n seun gehad het wat vinnig grootgeword en verouder het (Natuurgeskiedenis 7.76), en impliseer 'n vroeë dood. Indien Cornelius inderdaad Tacitus se vader was, en aangesien daar verder in die behoue rekords geen melding van sodanige kondisie by Tacitus gemaak word nie, sou dit meer waarskynlik na sy broer verwys.Syme, 1958, bl. 60, 613; Gordon, 1936, bl. 149; Martin, 1981, bl. 26 Hierdie skakel, asook die vriendskap tussen die jonger Plinius en Tacitus, het verskillende geleerdes tot die gevolgtrekking gebring dat die twee families van 'n vergelykbare stand, vermoë en agtergrond was: ridderlik, van aansienlike welstand, en van provinsiale afkoms.Syme, 1958, bl. 63
Sy geboorteprovinsie is onbekend en volgens verskillende veronderstellings kon dit Gallia Belgica, Gallia Narbonensis, of selfs noord-Italië wees.Michael Grant in Inleiding tot Tacitus, The Annals of Imperial Rome, bl. xvii; Herbert W. Benario in Inleiding tot Tacitus, Duitsland, bl. 1. Sy huwelik met die dogter van die Narbonensiese senator Gnaeus Iulius Agricola kan daarop dui dat hy ook van Gallia Narbonensis afkomstig was. Tacitus se huldiging van Fabius Iustus in die Dialogus kan weer 'n Spaanse verband aandui, terwyl sy vriendskap met Plinius noord-Italië suggereer.Syme, 1958, bl. 614–616 Hierdie getuienisse lewer egter nie uitslag nie. Geen bewyse bestaan dat Plinius se vriendekring in noord-Italië met Tacitus bekend was nie, nòg gee Plinius se briewe ooit uitslag of hulle dieselde agtergrond gedeel het nie.Syme, 1958, bl. 616–619 Die sterkste getuienis word inderdaad deur Plinius gelewer in Boek 9, Brief 23, waarin hy aanhaal hoe Tacitus, by 'n vraag of hy Italiaans of provinsiaal was, 'n onduidelike antwoord verskaf het, waarop hy gevra is of hy dan Tacitus of Plinius sou wees. Aangesien Plinius wel van Italië was, lei sekere historici af dat Tacitus van provinsiale afkoms was, en moontlik van Gallia Narbonensis.Syme, 1958, bl. 619; Gordon, 1936, bl. 145
Sy afkoms, bedrewe redenaarskap, en sy simpatieke uitbeelding van barbare wat Romeinse bewind teëgestaan het (e.g., Ann. 2.9), het sommige laat vermoed dat hy 'n Kelt was; die Kelte het Gallië beset voor die Romeine, was bekend om hulle aanleg in redenaarskap, en is deur Rome onderwerp.Gordon, 1936, bl. 150–151; Syme, 1958, bl. 621–624
Publieke lewe, huwelik en letterkundige loopbaan As jong man het Tacitus retoriek studeer in Rome in voorbereiding tot 'n loopbaan in die regte en politiek; soos Plinius, kon hy onder Quintilianus gestudeer het.Dat hy retoriek en die regte studeer het, is bekend uit die Dialogus, hfst. 2; kyk ook Martin, 1981, bl. 26; Syme, 1958, bl. 114–115 In 77 of 78 het hy met Julia Agricola in die huwelik getree, dogter van die beroemde generaal Agricola;Agricola, 9 min is bekend om hul huislike lewe buiten dat Tacitus jag en die buitelewe geniet het.Plinius, Briewe 1.6, 9.10; Benario, 1975, bl. 15, 17; Syme, 1958, bl. 541–542 Hy het sy loopbaan begin (moontlik die latus clavus, merk van 'n senator)Syme, 1958, bl. 63; Martin, 1981, bl. 26–27 onder Vespasianus,(1.1) maar dit was in 81 of 82, onder Titus, dat hy die politieke lewe betree het, as quaestor.Hy was dit verskuldig aan Titus soos gestel in die Geskiednisse (1.1); en aangesien Titus se bewind kort was, is dit die enigste moontlike jare. Hy het geleidelik opgang gemaak deur die cursus honorum, en word 'n praetor in 88 en 'n quindecemvir, 'n lid van die priesterlike kollege, as opsigter oor die Sibillynse boeke en die sekulêre spele.In die Annale (11.11) meld hy dat hy as praetor bystand verskaf het aan die Sekulêre Spele wat deur Domitianus gehou is, wat presies op die jaar 88 afgestem kan word. Kyk Syme, 1958, bl. 65; Martin, 1981, bl. 27; Benario in sy Inleiding tot Tacitus, Duitsland, bl. 1. Hy is aangeprys as regsgeleerde en as redenaar; sy aanleg vir publieke redevoering was in ironiese kontras met sy cognomen: Tacitus ("stilswye").
Hy het in die provinsies diens gedoen van ca. 89 tot ca. 93, òf as aanvoerder van 'n legioen òf in 'n siviele amp.Die Agricola (45.5) dui aan dat Tacitus en sy vrou afwesig was ten tyde van Julius Agricola se dood in 93. Vir sy beroep in hierdie tydperk, kyk Syme, 1958, bl. 68; Benario, 1975, bl. 13; Dudley, 1968, bl. 15–16; Martin, 1981, bl. 28; Mellor, 1993, bl. 8 Sy lewe en eiendom het tydens die Domitiaanse skrikbewind ongedeerd gebly (81–96), maar die ervaring het hom vermoeid en grimmig gelaat (moontlik uit eie aandadigheid beskaamd), en het die haat vir tirannie in sy werke na vore gebring.Vir die effek op Tacitus se ideologie, kyk Dudley, 1968, bl. 14; Mellor, 1993, bl. 8–9 Die Agricola, hfst. 44–45, is illustratief:
Vir Agricola is hierdie latere jare van Domitianus gespaar gebly, waartydens nou, sonder oponthoud of verposing vir 'n asemskep, maar as't ware in een onafgebroke salvo, die lewensbloed van die gemenebes verspil is … Dit was nie lank voor Helvidius deur ons hande na die gevangenis gesleep is nie, voor ons op die sterwende blik van Manricus en Rusticus neergekyk het nie, en voor ons in die onskuldige bloed van Senecio gedoop is nie. Selfs Nero het die blik weggedraai, en nie die afgryse aanskou wat deur hom gelas is nie; by Domitianus was dit merendeels ons ellende om te aanskou en betrag te word, om te weet dat ons sugte opgeteken word...
Vanuit sy senaatsetel is hy aangestel as vervangingskonsul in 97 tydens die bewind van Nerva, en het daardeur die eerste van sy familie geword om sodanige amp te beklee. Tydens sy ampstermyn het hy die hoogtepunt van sy redenaarsroem bereik toe hy die begrafnisrede vir die hooggeagde veteraansoldaat Lucius Verginius Rufus gelewer het.Plinius, Briewe, 2.1 ; Benario in sy Inleiding tot Tacitus, Duitsland, bl. 1-2.
In die volgende jaar het hy die Agricola en Germania geskryf en uitgegee, waardeur die aanvang van sy letterkundige ondernemings bekendgestel is wat hom tot sy dood sou besighou.In die Agricola (3) maak hy 'n aankondiging van wat die aanloop tot sy eerste groot projek moet wees: die Geskiednisse. Kyk Dudley, 1968, bl. 16 Hierop het hy hom uit die publieke oog gehou, maar het tydens die Trajaanse bewind 'n terugkeer gemaak. In 100, het hy, in samewerking met sy vriend Plinius die jongere, die vervolging gelei teen Marius Priscus (prokonsul van Africa) vir korrupsie. Priscus is skuldig bevind en is in bannelingskap gestuur; Plinius skryf dae later dat Tacitus die betoog gevoer het "met al die woordepraal wat sy gebruiklike redenaarstyl tipeer".Plinius, Briewe 2.11
'n Langdurende afwesigheid van politiek en regte het hierop gevolg, terwyl hy sy twee vernaamste werke geskryf het: die Geskiednisse en die Annale. In 112 of 113 het hy die amp van hoogste siviele goewerneurskap beklee, dié van die Romeinse provinsie Asië in westelike Anatolië, soos aangedui deur die inskripsie wat te Mylasa gevind is, soos bo genoem. 'n Frase in die Annale bevestig 116 as die terminus post quem van sy dood, wat so laat kon wees as 125 of selfs 130. Alles in ag genome, blyk dit seker dat hy Plinius sowel as Trajanus oorleef het.Grant in sy Inleiding tot Tacitus, Annale, bl. xvii; Benario in sy Inleiding tot Tacitus, Germania, bl. 2. Annale, 2.61, sê dat die Romeinse ryk "nou tot die Rooisee strek". Indien hy met die beskrywing mare rubrum na die Persiese Golf sou verwys, wat moontlik is, dan sou die frase na die Trajaanse oostelike verowerings van 116 geskryf moes wees, maar voor Hadrianus die nuwe territoria in 117 sou opgee. Dit mag slegs die publikasiedatum vir die eerste boeke van die Annale aandui; Tacitus self kon tot ruim binne die Hadriaanse bewind geleef het, en daar is geen rede om dit nie te vermoed nie. Kyk Dudley, 1968, bl. 17; Mellor, 1993, bl. 9; Mendell, 1957, bl. 7; Syme, 1958, bl. 473; teen hierdie tradisionele interpretasie, e.g., Goodyear, 1981, bl. 387-393. Dit is onbekend of hy enige kinders gehad het, alhoewel die Augustaanse Geskiedenis meld dat die keiser Marcus Claudius Tacitus hom as 'n voorvader toegeëien het en voorsiening gemaak het vir die bewaring van sy werke — maar soos soveel van die Augustaanse Geskiedenis, kan hierdie oorlewering bedrieglik wees.Augustaanse Geskiedenis, Tacitus X. Geleerde mening is verdeeld rakende hierdie storie, wanneer dit as "’n verwarde en waardelose gerug" (Mendell, 1957, bl. 4) of "suiwer fiksie" afgemaak word (Syme, 1958, bl. 796). Sidonius Apollinaris meld (Briewe, 4.14; aangehaal in Syme, 1958, bl. 796) dat Polemius, 'n 5de eeuse Gallo-Romeinse aristokraat, van Tacitus afgestam het – maar ook dit is volgens Syme (ibid.) van weinig nut.
Werke