Stander is 'n biografiese rolprent oor die lewe van kaptein André Stander, 'n Suid-Afrikaanse polisie-offisier wat 'n bankrower geword het. Thomas Jane vertolk die hoofrol, nadat hy dit aanvanklik van die hand gewys het.Stander: An Interview with Thomas Jane Die vervaardigers kon eerstehandse inligting by Allan Heyl, een van Stander se medepligtiges wat toe steeds in die tronk was, bekom. Hulle het ook met Cor van Deventer, sy polisie-vennoot, en die bewaarder van Zonderwater-gevangenis, waar hy opgesluit was gesels.The police officer turned bank robber at CNN

Akteurs Bekende Suid-Afrikaanse akteurs wat rolle in die rolprent het sluit in: Marius Weyers as sy pa, generaal Stander At Botha as generaal Viljoen Patrick Mynhardt as die regter Neels Coetzee as 'n dronk persoon James Borthwick as Vorster Lieb Bester as TV-nuusleser Bettie Kemp as TV-nuusleser Tessa Jubber as Florida-meisie

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente