regs|duimnael|300px|'n Protes by die Universiteit van Lesotho tydens 'n vrouedag.
Nasionale Vrouedag is 'n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die eerste Nasionale Vrouedag het op 9 Augustus 1994 plaasgevind. Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om beswaar te maak teen wetgewing wat Swart Afrikane verplig het om 'n pas te dra. Die pas (bewysboek) was 'n spesiale dokument wat die daaglikse beweging van swart mense gedurende die apartheidsera beperk het, met die doel om wit woongebiede te beveilig.
In 2006 is die optog herhaal om die vyftigjarige herdenking te vier. Baie van die veterane wat in 1956 deelgeneem het, het dié geleentheid bygewoon.
Die geleentheid Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue 'n optog na die Uniegebou in Pretoria onderneem om teen die voorgestelde wysigings aan die Groepsgebiedewet (algemeen bekend as die paswette) van 1950 te protesteer.
Die optog is deur die vroueaktiviste Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa en Sophia Williams gelei. Die vroue het 'n petisie met 14 000 handtekeninge by die kantoordeure van die Eerste Minister van Suid-Afrika, J. G. Strijdom, gelos. Die vroue het vir 30 minute in stilte gestaan en toe 'n proteslied begin sing wat spesiaal vir die geleentheid gekomponeer is: Wathint'Abafazi Wathint'imbokodo! (As jy die vroue raak, het jy 'n rots geslaan.). Sedertdien het die frase (of die huidige weergawe: "Tref jy 'n vrou, dan tref jy 'n rots!") 'n verteenwoordiging van vroue in Suid-Afrika se durf en krag geword.
Beduidenis Nasionale Vrouedag vestig aandag op belangrike kwessies wat vroue steeds in die gesig staar soos ouerskap, huishoudelike geweld, seksuele teistering in die werksplek, ongelyke betaling en onderrig vir alle meisies. Die dag kan gebruik word om hierdie sake te bevorder. Te danke aan hierdie publieke vakansiedag, was daar al baie beduidende vooruitgang. Voor 1994 was daar slegs 2,7% vroueverteenwoordiging in die Parlement en net 27,7% verteenwoordiging in die Nasionale Byeenkoms. Hierdie persentasie het feitlik verdubbel met 48% verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse regering.
Verwysings
Sien ook Internasionale Vrouedag op 8 Maart. Moedersdag op die tweede Sondag van Mei. Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika
Kategorie:Feesdae Kategorie:Openbare vakansiedae in Suid-Afrika