Akwitanië (in Afrikaans ook gespel as Aquitanië; Frans: Aquitaine, Oksitaans: Aquitània, Baskies: Akitania, Saintongeais: Aguiéne) was 'n Franse gewes, in die suidweste van Frankryk, wat uit die départements Gironde, Landes, Dordogne, Lot-et-Garonne en Pyrénées-Atlantiques bestaan het. Die administratiewe hoofstad was Bordeaux. Sedert 2016 maak die streek deel uit van die nuwe administratiewe gewes Nouvelle-Aquitaine (Nieu-Akwitanië).
Kategorie:Nieu-Akwitanië Kategorie:Voormalige administratiewe geweste van Frankryk Kategorie:Voormalige provinsies van Frankryk