Waals-Brabant (Frans: Brabant wallon, Nederlands: Waals-Brabant, Duits: Wallonisch-Brabant, Waals: Roman Payis of Braibant walon, Pikardies: Roman Poaiyis of Brabant walon) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 413 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 097 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 376 per km². Die hoofstad is Waver (Wavre).
Waals-Brabant lê in die midde van België, teenoor Vlaams-Brabant. In die provinsie word naas Frans ook Waals gepraat,Waals word nog tot 'n mindere mate gepraat. met uitsondering van die uiterste westelike deel waar Pikardies naas Standaardfrans as omgangstaal gebruik word.
Die ooste van Waals-Brabant behoort tot die Haspengouw (Hesbaye). Die hoogste punt is 174 m en lê in die munisipaliteit Perwez.
Administratiewe indeling Waals-Brabant het slegs een administratiewe arrondissement: Arrondissement Nivelles
Die arrondissement is in 27 munisipaliteite verdeel.
links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die provinsie Waals-Brabant