Die Cookeilande (Engels: Cook Islands, ; Cookeilandse Māori: Kūki 'Āirani ) is 'n groep van 15 eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Dit is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 69 lande erken. Saam met Nieu-Seeland, Niue, die Ross-Afhanklikheid en Tokelau vorm dit die Koninkryk van Nieu-Seeland. Die eilande is na James Cook genoem, maar hulle oorweeg tans 'n naamsverandering om die Polinesiese erfenis te weerspieël.

duimnael|links|Kaart van die Cookeilande Die 15 klein eilandjies beslaan 'n totale oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het in 2024 'n bevolking van 7 761 gehad. Die Cookeilande lê in die weste van Frans-Polinesië, in die suide van Kiribati, in die ooste van Tokelau, Amerikaans-Samoa, Niue en Tonga en in die noordooste van Nieu-Seeland. Die gebied se hoofstad en grootste stad Avarua is op die grootste eiland, Rarotonga, geleë.

Geografie duimnael|links|Kaart van die Cookeilande Die Cookeilande bestaan uit 15 eilande: Groep Eiland Oppervlakte(km²) Bevolking 2011 Noordelike Penrhyn 10 213 Noordelike Rakahanga 4 77 Noordelike Manihiki 5 238 Noordelike Pukapuka 1 451 Noordelike Tema Reef (onderwater) 0 0 Noordelike Nassau 1 73 Noordelike Suwarrow 0 2 Suidelike Palmerston 2 60 Suidelike Aitutaki 18 1 771 Suidelike Manuae 6 0 Suidelike Takutea 1 0 Suidelike Mitiaro 22 189 Suidelike Atiu 27 468 Suidelike Mauke 18 300 Suidelike Winslow Reef (onderwater) 0 0 Suidelike Rarotonga 67 10 572 Suidelike Mangaia 52 562 Totaal Totaal 237 14 976

Politiek Internasionale erkenning duimnael|400px|Buitelandse betrekkinge van die Cookeilande Die volgende lande het formele diplomatieke betrekkinge met die Cookeilande gevestig. Oseanië (15 lande) (1994) (1998) (2013) (2013) (2014) (1994) (1993) (2013) (2013) (1995) (2013) (2013) (2014) (2013) (2013) Asië (19 lande) (2025) (2024) (2011) (1998) (2019) (1996) (2008) (2011) (2025) (2021) (1992) (2002) (2023) (2012) (2013) (2005) (2018) (2022) (1997) Afrika (3 lande) (2023) (2024) (1996)Europa (21 lande) (2005) (1996) (2001) (2018) (2000) (2018) (2018) (2022) (2002) (2015) (2017) (2011) (1998) (2025) (1995) (1998) (2005) (2008) (2011) (1999) (2017) Amerikas (11 lande) (2017) (2015) (2016) (2024) (2003) (2023) (2002) (2023) (2024) (2017) (2023)

Sport duimnael|Die Cookeilande se haka voor die wedstryd teen Niue, 2015 Rugby League is die gewildste sportsoort op die Cookeilande en word as nasionale sport beskou. Rugby, sokker en die vroue se netbal is ook gewild.

Rugby is deur Nieu-Seelanders na die Cookeilande saamgebring en was, soos op die meeste eilandstate van die Stille Oseaan, vanaf die begin van die 20ste eeu die gewildste sportsoort op die Cookeilande. Die nasionale span spel egter slegs teen "kleiner" nasionale spanne en kon tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle kon wel vir die Wêreldrugby o/20-trofee 2008 kwalifiseer.

Rugby League het rugby as gewildste sportsoort oorvleuel en word as die eilandstaat se nasionale sport beskou. Die nasionale span het tot dusver aan drie rugbyleaguewêreldbekertoernooie deelgeneem (in 2000, 2013 en 2021).

Sokker word op die Cookeilande ook beoefen en die nasionale span kom veral teen ander kleiner eilandstate van die Stille Oseaan te staan. Hulle kon nog nie vir 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle het aan twee Oseanië-sokkerkampioenskappe deelgeneem (in 1998 en 2000).

Soos in ander lidlande van die Britse Statebond is netbal gewild en die nasionale span het aan ses netbalwêreldbekertoernooie deelgeneem. Tydens die Pasifiese Spele het hulle twee goue medaljes (in 1966 en 1991) ingepalm en tydens die Mini-Pasifiese Spele vyf goue medaljes (in 1981, 1985, 1989, 1993 en 1997).

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op die Cookeilande 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen.

Beelde

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Cookeilandse regering

Kategorie:Voormalige Britse kolonies