Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Quechua (volk).
Quechua (Runa simi, letterlik: "mense se taal") is die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 10 miljoen mense in die Andesstreek van Argentinië, Bolivië, Chili, Colombia, Ecuador en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Quechua gepraat en vorm saam met Aymara, Guaraní en Spaans die amptelike tale van Bolivië, saam met Spaans van Ecuador asook saam met Aymara en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens was Quechua die amptelike taal van die uitgestrekte Inka-ryk en die uitbreiding van dié taal het met die uitbreiding van dié ryk gepaard gegaan.
duimnael|links|Verspreiding van Quechua-dialekte Quechua word oorwegend in die noorde van Argentinië, in die suide van Bolivië, in die buitenste noorde van Chili, in die buitenste suide van Colombia, in Ecuador en Peru gepraat. Quechua bevat die vier dialekte I (Sentraal), II-A (Noord-Peruaans), II-B (Noordelik) en II-C (Suidelik). Dit vorm sy eie taalfamilie. Sommige taalkundiges groepeer Quechua saam met Aymara onder die Quechumara-tale, hoewel dit algemeen betwis word. Die ooreenkomste in woordeskat en 'n paar opvallende strukturele ooreenkomste word aan lenings en langtermyn plaaslike kontakte toegeskryf. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Quechua sluit koka, kondor, ghwano, lama, Pampas, ponsjo, poema, quinine, quinoa, vicuña en dalk gaucho in.
Sien ook Inheemse tale van die Amerikas
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Inkas Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Argentinië Kategorie:Tale van Bolivië Kategorie:Tale van Chili Kategorie:Tale van Colombia Kategorie:Tale van Ecuador Kategorie:Tale van Peru