Mariehamn • Maarianhamina 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Administratiewe streek  Koördinate  Stigting 1861 Oppervlakte:    - Totaal 20,75 vk km  Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking:    - Totaal (2023) 11 817  - Bevolkingsdigtheid 1000,59/vk km Tydsone UTC +2 (OET)  - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,4 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie −1,3 / 16,8 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 634 mm Burgemeester Arne Selander Amptelike webwerf www.mariehamn.ax

Mariehamn (Sweeds: [mɑriːeˈhɑmn], ; Fins: Maarianhamina, [ˈmɑːriɑnˌhɑminɑ]) is die hoofstad en grootste stad van Åland, 'n outonome administratiewe provinsie en gebied van Finland. Die stad het 'n bevolking van 11 817 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 20,75 km².

duimnael|links|Die hawe van Mariehamn snags Toe Mariehamn, tans die enigste stedelike nedersetting op die Åland-eilande, in 1861 deur tsaar Aleksander II op 'n smalle landtong tussen twee natuurlike hawens gestig en na die tsarin Maria Alexandrovna vernoem is, was die bevolking 'n skrale dertigtal. Die naam van die stad beteken "Maria se hawe". Die bloeitydperk van die Ålandse handelsvloot en seevervoer in die 19de en 20ste eeu asook die besluit van die Volkebond om 'n outonome status aan die eilandgroep te verleen, het tot 'n vinnige ekonomiese opswaai gelei.

Mariehamn is deesdae 'n gewilde vakansiebestemming vir merendeels Sweedse en Finse toeriste waar groot veerbote, wat van Swede na Finland onderweg is, aandoen. Laat ons rook of ons loop (as ons kan), hoor EU. In: Die Burger, 5 Augustus 1998

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Finland Kategorie:Nedersettings langs die Oossee Kategorie:Åland