Die nasionale vlag van Trinidad en Tobago is op 31 Augustus 1962 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi vlag met ’n diagonale swart baan met wit fraaiings van die bokant van die vlagpaalkant na die onderkant van die wapperkant.
Simboliek Die rooi stel die vitaliteit van die land voor asook die moed van die mense en die warmte en energie van die son. Die wit stel die see voor, wat baie belangrik is vir die eilande. Daarnaas verteenwoordig hierdie kleure die gelykheid van alle mense en die suiwerheid van die nasionale aspirasies. Die swart staan vir krag, eenheid en die natuurlike rykdomme van die land. Rooi, wit en swart saam simboliseer die elemente vuur, water en aarde en daarmee saam ook die verlede, hede en toekoms.
Ander vlae
Britse koloniale vlae Voor sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk in Augustus 1962 het Trinidad en Tobago ’n blou Britse vaandel met die koloniale wapen in die wapperkant gebruik.
Sien ook
Eksterne skakels
Trinidad en Tobago by Flags of the World.
Trinidad en Tobago Kategorie:Trinidad en Tobago