Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (Sweeds: Nobelpriset i fysiologi eller medicin) is ’n jaarlikse prys wat deur die Sweedse Nobelpleging by die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisiologie of geneeskunde gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisika, letterkunde en vrede.
duimnael|links|Hoofingang van die Karolinska Instituut in Solna naby Stockholm Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan, met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde tradisioneel eerste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 232 individue toegeken. Nog 14 vroue het dit gekry.
Een Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde-wenners, naamlik die Duitser Gerhard Domagk (1939), was deur sy regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hy sou later ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie.
Die 2025-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan Mary E. Brunkow, Fred Ramsdell en Shimon Sakaguchi "vir hul ontdekkings oor perifere immuunverdraagsaamheid".
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word), 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vanaf 1901 tot op hede. In 1915–1918, 1921, 1925 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.
1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's
1900's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1900'sJaar NaamLandBeweegrede 1901 75px Emil Adolf von Behring "vir sy werk op serumterapie, veral die toepassing daarvan op witseerkeel, waardeur hy 'n nuwe pad in die domein van die mediese wetenskap geopen het en sodoende in die hande van die dokter 'n oorwinnende wapen teen siekte en sterftes geplaas het" 1902 75px Sir Ronald Ross "vir sy werk op malaria, waarmee hy aangedui het hoe dit die organisme binnedring en daardeur die basis gelê het vir suksesvolle navorsing oor hierdie siekte en metodes om dit te bekamp" 1903 75px Niels Ryberg Finsen () "[vir] sy bydrae tot die behandeling van siektes, veral lupus vulgaris, met gekonsentreerde ligbestraling, waardeur hy 'n nuwe weg vir die mediese wetenskap gebaan het" 1904 75px Iwan Pawlof "ter erkenning van sy werk op die fisiologie van spysvertering, waardeur kennis oor lewensbelangrike aspekte van die vak verander en vergroot is" 1905 75px Robert Koch "vir sy ondersoeke en ontdekkings met betrekking tot tuberkulose" 1906 75px Camillo Golgi "ter erkenning van hul werk op die struktuur van die senuweestelsel" 75px Santiago Ramón y Cajal 1907 75px Charles Louis Alphonse Laveran "ter erkenning van sy werk op die rol wat protosoë in siektekunde speel" 1908 75px Ilja Iljitsj Metsjnikof "ter erkenning van hul werk op immuniteit" 75px Paul Ehrlich 1909 75px Emil Theodor Kocher "vir sy werk oor die fisiologie, patologie en chirurgie van die skildklier"
1910's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1910'sJaar NaamLandBeweegrede 1910 75px Albrecht Kossel "ter erkenning van die bydrae tot ons kennis van selchemie wat gemaak is weens van sy werk op proteïene, insluitend die nuklemestowwe" 1911 75px Allvar Gullstrand "vir sy werk op die dioptriek van die oog" 1912 75px Alexis Carrel "[vir] sy werk op vaskulêre hegting en die oorplanting van bloedvate en organe" 1913 75px Charles Richet "[vir] sy werk op anafilakse" 1914 75px Robert Bárány "vir sy werk op die fisiologie en patologie van die vestibulêre apparaat" 1919 75px Jules Bordet "vir sy ontdekkings met betrekking tot immuniteit"
1920's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1920'sJaar NaamLandBeweegrede 1920 75px Schack August Steenberg Krogh "vir sy ontdekking van die kapillêre motorreguleermeganisme" 1922 75px Archibald Vivian Hill "vir sy ontdekking wat verband hou met die produksie van hitte in die spier" 75px Otto Fritz Meyerhof "vir sy ontdekking van die vaste verhouding tussen die verbruik van suurstof en die metabolisme van melksuur in die spier" 1923 75px Sir Frederick Grant Banting "vir die ontdekking van insulien" 75px John James Rickard Macleod 1924 75px Willem Einthoven "vir die ontdekking van die meganisme van die elektrokardiogram" 1926 75px Johannes Andreas Grib Fibiger "vir sy ontdekking van die Gongilonema neoplastikum" 1927 75px Julius Wagner-Jauregg "vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van malaria-inenting in die behandeling van demensie-paralitika" 1928 75px Charles Jules Henri Nicolle "vir sy werk op tifus" 1929 75px Christiaan Eijkman "vir sy ontdekking van die antineuritiese vitamien" 75px Sir Frederick Gowland Hopkins "vir sy ontdekking van die groei-stimulerende vitamiene"
1930's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1930'sJaar NaamLandBeweegrede 1930 75px Karl Landsteiner "vir sy ontdekking van menslike bloedgroepe" 1931 75px Otto Heinrich Warburg "vir sy ontdekking van die aard en werking van die respiratoriese ensiem" 1932 75px Sir Charles Scott Sherrington "vir hul ontdekkings rakende die funksies van neurone" 75px Edgar Douglas Adrian 1933 75px Thomas Hunt Morgan "vir sy ontdekkings rakende die rol wat chromosome in erflikheid speel" 1934 75px George Hoyt Whipple "vir hul ontdekkings rakende lewerterapie in gevalle van bloedarmoede" 75px George Richards Minot 75px William Parry Murphy 1935 75px Hans Spemann "vir sy ontdekking van die organiseerder-effek in embrioniese ontwikkeling" 1936 75px Sir Henry Hallett Dale "vir hul ontdekkings met betrekking tot chemiese oordrag van senuwee-impulse" 75px Otto Loewi 1937 75px Albert Szent-Györgyi von Nagyrapolt "vir sy ontdekkings in verband met die biologiese verbrandingsprosesse, met spesiale verwysing na vitamien C en die katalise van fumaarsuur" 1938 75px Corneille Jean François Heymans "vir die ontdekking van die rol wat die sinus- en aortiese meganismes speel in die regulering van respirasie" 1939 75px Gerhard Domagk "vir die ontdekking van die antibakteriese effekte van prontosil"
1940's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1940'sJaar NaamLandBeweegrede 1943 75px Carl Peter Henrik Dam "vir sy ontdekking van vitamien K" 75px Edward Adelbert Doisy "vir sy ontdekking van die chemiese aard van vitamien K" 1944 75px Joseph Erlanger "vir hul ontdekkings met betrekking tot die hoogs gedifferensieerde funksies van enkele senuweefibrille" 75px Herbert Spencer Gasser 1945 75px Sir Alexander Fleming "vir die ontdekking van penisillien en die genesende effek daarvan by verskeie aansteeklike siektes" 75px Sir Ernst Boris Chain 75px Howard Walter Florey 1946 75px Hermann Joseph Muller "vir die ontdekking van die produksie van mutasies deur middel van X-bestraling" 1947 75px Carl Ferdinand Cori "vir hul ontdekking van die verloop van die katalitiese omskakeling van glikogeen" 75px Gerty Theresa Cori, née Radnitz 75px Bernardo Alberto Houssay "vir sy ontdekking van die rol wat die hormoon van die anterior pituïtêre lob speel in die metabolisme van glukose" 1948 75px Paul Hermann Müller "vir sy ontdekking van die hoë doeltreffendheid van DDT as 'n kontakgif teen verskeie geleedpotiges" 1949 75px Walter Rudolf Hess "vir sy ontdekking van die funksionele organisasie van die binnebrein as 'n koördineerder van aktiwiteite van die interne organe" 75px António Caetano Egas Moniz "vir sy ontdekking van die terapeutiese waarde van leukotomie (lobotomie) in sekere psigoses"
1950's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1950'sJaar NaamLandBeweegrede 1950 75px Philip Showalter Hench "vir hul ontdekkings met betrekking tot die hormone van die bynierkorteks, hul struktuur en biologiese effekte" 75px Edward Calvin Kendall 75px Tadeusz Reichstein 1951 75px Max Theiler "vir sy ontdekkings rakende geelkoors en hoe om dit te bekamp" 1952 75px Selman Abraham Waksman "vir sy ontdekking van streptomisien, die eerste antibiotikum wat effektief was teen tuberkulose" 1953 75px Sir Hans Adolf Krebs "vir sy ontdekking van die sitroensuursiklus (Krebssiklus)" 75px Fritz Albert Lipmann "vir sy ontdekking van mede-ensiem A en sy belangrikheid vir intermediêre metabolisme" 1954 75px John Franklin Enders "vir hul ontdekking van die vermoë van poliomiëlitisvirusse om te groei in kulture van verskillende soorte weefsel" 75px Frederick Chapman Robbins 75px Thomas Huckle Weller 1955 75px Axel Hugo Theodor Theorell "vir sy ontdekkings rakende die aard en werking van oksidasie-ensieme" 1956 75px André Frédéric Cournand "vir hul ontdekkings rakende hartkateterisering en patologiese veranderinge in die bloedsomloopstelsel" 75px Werner Forssmann 75px Dickinson W. Richards 1957 75px Daniel Bovet "vir sy ontdekkings met betrekking tot sintetiese verbindings wat die werking van sekere liggaamsdele inhibeer, en veral hul werking op die vaskulêre stelsel en die skeletspiere" 1958 75px George Wells Beadle "vir hul ontdekking dat gene optree deur bepaalde chemiese gebeure te reguleer" 75px Edward Lawrie Tatum 75px Joshua Lederberg "vir sy ontdekkings rakende genetiese herkombinasie en die organisasie van die genetiese materiaal van bakterieë" 1959 75px Arthur Kornberg "vir hul ontdekking van die meganismes in die biologiese sintese van ribonukleïensuur en deoksi-ribonukleïensuur" 75px Severo Ochoa
1960's + Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde, 1960'sJaar NaamLandBeweegrede 1960 75px Sir Frank Macfarlane Burnet "vir die ontdekking van verworwe immunologiese toleransie" 75px Sir Peter Brian Medawar 1961 75px Georg von Békésy "vir sy ontdekkings van die fisiese meganisme van stimulasie binne die koglea" 1962 75px Francis Harry Compton Crick "vir hul ontdekkings rakende die molekulêre struktuur van nukleïensure en die betekenis daarvan vir die oordrag van inligting in lewende materiaal" 75px James Dewey Watson 75px Maurice Hugh Frederick Wilkins 1963 75px Sir John Carew Eccles "vir hul ontdekkings rakende die ioniese meganismes wat betrokke is by opwekking en inhibisie in die perifere en sentrale gedeeltes van die senuweeselmembraan" 75px Sir Alan Lloyd Hodgkin 75px Sir Andrew Fielding Huxley 1964 75px Konrad Bloch "vir hul ontdekkings rakende die meganisme en regulering van die cholesterol- en vetsuurmetabolisme" 75px Feodor Lynen 1965 75px François Jacob "vir hul ontdekkings rakende genetiese beheer van ensiem- en virussintese" 75px André Lwoff 75px Jacques Monod 1966 Peyton Rous "vir sy ontdekking van gewasbeïnvloedende virusse" 75px Charles Brenton Huggins "vir sy ontdekkings rakende hormonale behandeling van prostaatkanker" 1967 75px Ragnar Granit "vir hul ontdekkings rakende die primêre fisiologiese en chemiese visuele prosesse in die oog" 75px Haldan Keffer Hartline 75px George Wald 1968 75px Robert W. Holley "vir hul interpretasie van die genetiese kode en die funksie daarvan in proteïensintese" 75px Har Gobind Khorana 75px Marshall W. Nirenberg 1969 75px Max Delbrück "vir hul ontdekkings rakende die repliseringsmeganisme en die genetiese struktuur van virusse" 75px Alfred D. Hershey 75px Salvador E. Luria
1970's