Acinonyx kurteni is 'n uitgestorwe karnivoor katspesie uit die Felidae-familie, wat inheems aan Asië gedurende die Laat Plioseentydperk voorgekom het. Dit het tussen 2,5 miljoen – 11 000 jaar gelede geleef, met 'n voortbestaan van ongeveer 2,489 miljoen jaar.

Dit is in 2008 omskryf en is die mees primitiewe jagluiperdspesie wat tot op hede opgegrawe is. Hierdie ontdekking ondersteun die teorie dat die jagluiperd sy ontstaan in die Ou Wêreld gehad het. Hierdie oerdier deel ooreenkomstige kenmerke met die moderne jagluiperd, Acinonyx jubatus, soos vergrote sinusse vir lugtoevoer wanneer daar gehardloop word, hoewel die tande primitiewe kenmerke toon.

Verwysings

Kategorie:Katagtiges