Die Radio- en televisietoring van Riga (Lets: Rīgas radio un televīzijas tornis) is met 'n hoogte van 368,5 meter die hoogste gebou in die Letlandse hoofstad Riga en die derde hoogste in die Europese Unie.
Dit is die derde hoogste vrystaande televisietoring in Europa en ook van die hoogstes ter wêreld. Die toring is met 'n uitsigplatform teen 'n hoogte van 97 meter gebou wat 'n uitsig oor die hele stad bied. 'n Tweede uitsigplatform teen 'n hoogte van 137 meter is slegs op bepaalde tye toeganklik vir die publiek. Tydens goeie weerstoestande bied dit 'n uitsig oor die Golf van Riga en nedersettings in die omgewing.
Eksterne skakels
Amptelike tuisblad in Lets, Engels, Russies en Duits.
Kategorie:Geboue en strukture in Letland Kategorie:Riga Kategorie:Televisietorings