Die nasionale vlag van St. Kitts en Nevis is op 19 September 1983 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n diagonale swart baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met twee vyfpuntige wit sterre in. Die boonste driehoek is groen en die onderste driehoek is rooi.

Simboliek Daar word dikwels aangevoer dat die twee sterre die twee eilande verteenwoordig, maar die sterre staan eintlik vir hoop en vryheid. St. Kitts en Nevis by Flags of the World. URL besoek op 22 Mei 2019. Verder stel groen vrugbaarheid voor, rooi stel die onafhanklikheidstryd voor, swart stel die Afrika-herkoms voor en geel stel die sonskyn voor.

Ontwerp Hoewel die vlag van die Pan-Afrika kleure gebruik maak is die betekenis van die kleure nie dieselfde as in die vlae van ander Afrika-lande nie. Carol P. Shaw (1992). Flags. Glasgow: HarperCollins.

Ander vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

St. Kitts en Nevis by Flags of the World.

St. Kitts en Nevis Kategorie:St. Kitts en Nevis