Vir ander riviere met dieselfde naam in die Wes-Kaap, sien asseblief Valsrivier.
Die Valsrivier is 'n belangrike sytak van die Vaalrivier. Die Valsrivier ontspring by 'n punt ongeveer 25 km suidwes van Bethlehem, 20 km suidoos van Paul Roux en 25 km noord van Fouriesburg. GoogleMaps Naby sy oorsprong vloei die rivier onderdeur die N5 nasionale pad.
Die opvanggebied van die Valsrivier is 7 870 vk. kilometer groot het een groot dam, die Serfonteindam, sowat 7 km buite Kroonstad. Daar is 'n aantal keerwalle deur die rivier. Environment.gov.za
Die rivier kronkel verby Lindley, deur Kroonstad en onderdeur die N1 nasionale pad. Dit hou langs Bothaville verby, waar dit 5 km wes van Bothaville (net 2 km stroomaf van die Balkfonteinwaterwerke) in die Vaalrivier invloei.
Wanneer die Valsrivier in vloed is, oorstroom dit soms die laagliggende oewergedeeltes van Bothaville. Gedurende 1988 is van die huise in Fonteinstraat oorstroom, en in Januarie 2010 het die water tot in agterplase gestyg.Berig in Volksblad
Vroeër jare was die ou wabrug net buite Bothaville 'n belangrike oorgang oor die Valsrivier.
Sytakke Elandspruit (sluit aan by Valsrivier by ) Renosterspruit (sluit aan by Valsrivier by ) Doringspruit Blomspruit Liebenbergstroom
Verwysings
Kategorie:Riviere in Vrystaat