Die agtste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: World Cup 1966 – England) is vanaf 11 tot 30 Julie 1966 aangebied in Engeland, die “tuiste van sokker”. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Engeland aangebied is en die vyfde in Europa. Buitendien was dit die eerste wêreldbekertoernooi in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat in dié land aangebied is; later sou nog ’n aantal krieketwêreldbeker- en rugbywêreldbekertoernooie volg.

duimnael|links|upright|Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is 16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Engeland het die trofee gewen nadat hulle Wes-Duitsland met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Engeland het daarmee die derde gasheer ná Uruguay in 1930 en Italië in 1934 geword om die toernooi te wen. Die eindstryd word veral vir die omstrede “Wembley-doel” onthou, wat deur Engelse ondersteuners as geldig beskou word, maar nie deur Duitse s’n nie. Daarbenewens is dit die eerste wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2003 sou nog die rugbywêreldbekertitel volg en in 2019 die krieketwêreldbekertitel. Portugal het in die derde en die Sowjetunie in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is reeds in die groepfase uitgeskakel; die eerste keer wat hierdie lot ’n verdedigende kampioen toegeval het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Korea en Portugal het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing Engeland is op 22 Augustus 1960 in Rome deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966. Ander kandidaatlande was Spanje en Wes-Duitsland, maar Spanje het voor die stemming hulself onttrek.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 Land Rondte 1 34 27

Kwalifisering duimnael|Kaart van die Afrikalande wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 geboikot het (in swart) Die gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.

31 Afrikalande het die toernooi weens FIFA se beslissing van 1964, waarvolgens die wenner van die Afrikakwalifisering teen die wenner van die Asiatiese kwalifisering vir net een plek moes speel, geboikot. Hulle was van mening dat die oorwinning in die Afrikakwalifisering op sigself goed genoeg vir ’n kwalifisering vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi sou gewees het. ’n Ander rede vir hul boikot was die toelating van Suid-Afrika teen spyte dié land se opskorting van CAF in 1958 weens Apartheid. Suid-Afrika is daarna aan die kwalifiserende groep van Asië en Oseanië toegewys voordat dit weer in Oktober 1964 weens druk van ander Afrikalande opgeskort is. Ten spyte daarvan het die Afrikaspanne, nadat FIFA geweier het om die kwalifiserende formaat te verander, in elk geval besluit om uit die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi te onttrek totdat minstens een volledige plek aan Afrika toegeken sal word, iets wat in plek gestel is vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970.

Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie5de31962Naaswenner (1930)8ste81962Kampioen (1958, 1962)2de21962Groepfase (1962)4de21962Derde plek (1962)5de51962Kwarteindrondte (1954, 1962)6de11958Derde plek (1958)6de41962Naaswenner (1938, 1954)6de21962Kampioen (1934, 1938)6de51962Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962)1ste1–Debuut1ste1–Debuut3de31962Kwarteindrondte (1958, 1962)4de21962Vierde plek (1950)6de21962Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958)5de21962Kampioen (1930, 1950)6de41962Kampioen (1954)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Londen Birmingham Wembley-stadion White City-stadion Villa Park <small> <small> <small> Kapasiteit: 98 600 Kapasiteit: 76 567 Kapasiteit: 52 000 170px 170px 170pxLiverpool Goodison Park <small> Kapasiteit: 50 151 170pxManchester Old Trafford <small> Kapasiteit: 58 000 170px Sheffield Sunderland Middlesbrough Hillsborough-stadion Roker Park Ayresome Park <small> <small> <small> Kapasiteit: 42 730 Kapasiteit: 40 310 Kapasiteit: 40 000 170px 170px 170px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is oor 20 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Julie 1966 op die Wembley-stadion in Londen met ’n wedstryd tussen die gasheer Engeland en Uruguay afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 30 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJulieMa11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Ma18Di19Wo20Groep 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 3 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep 4 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseJulieDo21Vr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 4 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#3399ff| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstryde Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Januarie 1966 in die Royal Garden Hotel in Londen gehou.

Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1 Land321040+45312021+14302113–22301225–31

Groep 2 duimnael|Wedstryd tussen Argentinië en Wes-Duitsland Land321071+65321041+35310245–12300319–80 Wes-Duitsland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.

Groep 3 Land330092+76320175+24310246–22300318–70

Groep 4 Land330061+56311124–23310222±02301225–31

Uitklopfase duimnael|Die kwarteindstryd tussen Engeland en Argentinië

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokkerwêreldkampioen 1966

FIFA se terugwerkende ranglys In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1966-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Engeland duimnael|Standbeeld in Londen ter ere van die Sokkerwêreldkampioen 1966 Engeland RangSpanGroep 1 1 6 5 1 0 11 3 +8 11 2 2 6 4 1 1 15 6 +9 9 3 3 6 5 0 1 17 8 +9 10 4 4 6 4 0 2 10 6 +4 8 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 2 4 2 1 1 4 2 +2 5 6 3 4 2 0 2 8 7 +1 4 7 1 4 1 2 1 2 5 −3 4 8 4 4 1 1 2 5 9 −4 3 In die groepfase uitgeskakel 9 4 3 1 0 2 2 2 ±0 2 10 2 3 1 0 2 4 5 −1 2 11 3 3 1 0 2 4 6 −2 2 12 1 3 0 2 1 1 3 −2 2 13 4 3 0 1 2 2 5 −3 1 1 3 0 1 2 2 5 −3 1 15 3 3 0 0 3 1 8 −7 0 16 2 3 0 0 3 1 9 −8 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Eusébio 9 2 Helmut Haller 6 3 Franz Beckenbauer 4 Ferenc Bene 4 Geoff Hurst 4 Walerij Porkoejan 4 7 Luis Artime 3 Eduard Malofejef 3 José Augusto 3 Jose Torres 3 Bobby Charlton 3 Roger Hunt 3 Rang Speler Doele 13 Rubén Marcos 2 Igor Tsjislenko 2 Pak Seung-zin 2 Kálmán Mészöly 2 Uwe Seeler 2 18 Lothar Emmerich 1 Sigfried Held 1 Wolfgang Weber 1 René-Pierre Quentin 1 duimnael|upright|Eusébio

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

fifa.com: England 1966: Football returns home worldcup-history.com: England, 1966 rsssf.com: World Cup 1966

1966 Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Sokkerkompetisies in Engeland Kategorie:Sport in 1966